Artikelbron: Artikel verskaf
Time2RiseSA streef om ’n nuwe narratief in Suid-Afrika te stimuleer en aan te moedig en ’n taal van hoop te vorm wat al die goeie nuusstories wat gebeur, op die voorgrond te bring.
Die organisasie verklaar op sy webtuiste:
“Ons missie is om negatiwiteit in ’n vars narratief te omskep: Suid-Afrika is ’n wondernasie! Van hierdie oomblik af verklaar ons lewe oor Suid-Afrika en vier ons al die wonderlike verhale van hoop. Gewortel in ons oortuiging dat alle dinge moontlik is by God, gaan ons, as gelowiges in Christus, tot aksie oor! Ons weier om passief te bly. As instrumente in die Here se hande tree ons na vore om die verandering in Suid-Afrika te wees!”
Dr. Arno van Niekerk, akademikus, outeur en een van die stigterslede van Time2RiseSA het onlangs die volgende boodskap aan die Christene in Suid-Afrika gerig oor die land en volgende jaar se verkiesing.
“Ons dank God dat Hy Christene opgerig het wat die geloof het om sy instrumente van verandering te wees. ’n Mens kan so maklik hoop verloor vir Suid-Afrika, ‘but God…!” Nog nooit het ek so ’n opwelling van Koninkryknasiebouers gesien nie. Mense wat opstaan…
“Daar is mense wat gebedskringe in hulle dorpe en voorstede begin het; mense wat met projekte begin het om nuwe oplossings na gemeenskappe te bring; mense wat begin om hande te vat met gelowiges oor alle rasse- en denominasiegrense heen om saam te werk.
“Die liggaam van Christus is besig om onder inspirasie van die Heilige Geeste verenig en teen ’n groter spoed oor te gaan tot aksie. Dit is behaag ons Vader en is presies waarvoor Jesus in Johannes 17 gebid het. Die toekoms van Suid-Afrika is in die hande van ’n verenigde liggaam van Christus.”
Time2RiseSA het in Oktober ’n suksesvolle byeenkoms gehou waartydens ’n bestuurspan van 50 leiers saamgestel is wat alternatiewe en opsies vir ‘n regverdige regering ondersoek en fokus tans veral op volgende jaar se verkiesing.
’n Paar belangrike ontwikkeling by Time2RiseSA:
- Time2Rise se kiesersopvoedingsveldtog sal binnekort momentum kry. Elke enkele stem is noodsaaklik in 2024 en mense moet verstaan waarom.
- Die strukture van Time2RiseSA word gestroomlyn om te verseker dat die aksiespanne ’n groter uitwerking sal hê.
- Daar word met Christelike politieke partye vergader om eenheid te bou vir volgende jaar se verkiesing. Time2RiseSA vertrou God vir ’n goddelike ingryping, want ons het ’n regverdige regering nodig.
- Die organisasie groei elke dag namate nuwe mense by die groepe aansluit op Facebook, WhatsApp, Telegram, ens. Help Time2RiseSA om aan te hou vermenigvuldig deur ander gelowiges van Time2RiseSA te vertel en hulle aan te moedig om op die webtuiste (time2rise.co.za) aan te sluit.
“Onthou dat toe die droë bene bymekaargekom het in Esegiël 37, het hulle ’n leër geword wat gereed was om die Here se wil te doen. Ons weet hoe die stryd tussen goed en kwaad eindig. Ons weet wat die eindtelling is. Ons veg dus die goeie stryd vanuit ’n plek van vrede. Wees krygers wat die stryd waardig is,” het dr. Van Niekerk gesê.
Besoek time2rise.co.za vir meer inligting of om aan te sluit.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 03/12/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.