Geskryf deur: CfaN
Artikelbron: JUIG! Tydskrif 

In 2024 sal 50 jaar van Christ for all Nations (CfaN) se bediening gevier word – sy goue herdenking – en wat ’n wonderlike 50 jaar was dit nie! CfaN het meer as 90 miljoen bekerings gedokumenteer en aanskou hoe stede en selfs nasies deur God se krag geruk is. Terwyl CfaN in 2024 sy vyftigste bestaanjaar as ’n bediening vier, sal hy ook 50 Evangelieveldtogte in 50 stede/streke in die hele Afrika hou. Dit sal in Kaapstad begin en in Kaïro eindig. CfaN gaan hom inspan vir die bekering van 10 miljoen mense in sy 50ste jaar, wat die totale aantal gedokumenteerde bekerings op 100 miljoen te staan sal bring! En hy sal dit alles doen vir ongeveer 20% van wat dit voorheen gekos het. Dit is ware vermenigvuldiging!

* 50 jaar
* 50 veldtogte
* 50 stede
* 100 miljoen bekeringsreddings
* Van Kaapstad na Kaïro

Ja, dit KAN en SAL gedoen word
So ’n taak is slegs haalbaar omdat CfaN hard gewerk het om homself op elke front te “vermenigvuldig”. Hy vermeerder evangeliste, veldtogorganiseerders, tegnici, leraars en sy vrywillige werksmag. Dit was ’n monumentale taak, maar dit is uiters doeltreffend – selfs meer doeltreffend as wat hy sou kon droom.

Opleiding van evangeliste
Tot op hede het CfaN meer as 1 700 veldtogorganiseerders en evangeliste deur verskeie programme opgelei (insluitend Fire-kampe, School of Evangelism en die CfaN Evangelism Bootcamp). Ná hulle graduering word hierdie evangeliste van oral uit die wêreld met mekaar verbind deur middel van die CfaN Evangelism Alliance waar hulle voortgaan om met CfaN en mekaar saam te werk. Deur daardie bondgenootskap kom miljoene elke jaar by Christus uit.

Almal is slaggereed
Reinhard Bonnke het CfaN gereeld as ’n “stroper” (combine harvester) beskryf. Vandag is CfaN eerder ’n vloot stropers wat in pas met mekaar saamwerk. By CfaN gaan dit nie oor een man, een handelsmerk of een bediening nie. Dit gaan daaroor om toe te sien dat die grootste oes in die geskiedenis van die Kerk ingesamel word! Die bediening is besig om die vervulling van Reinhard se droom te sien – hy het die Here hoor sê dat hy ’n voorloper vir ’n hele nuwe geslag evangeliste sal wees.

Die grootste oes ooit
Volgende jaar sal CfaN alles aan die grootste toets ooit onderwerp wat die bediening tot dusver nog moes hanteer: 50 veldtogte, 50 stede, 10 miljoen gedokumenteerde bekerings, wat die totaal op 100 miljoen te staan sal bring. Daar gaan van Kaapstad na Kaïro geëvangeliseer word! Profesie sal vervul word. CfaN sal al 1 700+ evangeliste en organiseerders oproep om ook hulle hand aan die ploeg te slaan. Elkeen sal moet hand bysit. CfaN glo egter dat dit nie net die grootste oes sal wees wat ons nog ooit gesien het nie, maar dat dit ook die volgende golf van evangelisasie ver buite CfaN se veldtogte sal ontketen.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 02/12/2023

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here