Artikelbron: Artikel verskaf deur Lig in Duisternis Uitgewers

Lig in Duisternis Uitgewers se aksie om op Sondag 23 Julie 2023 soveel moontlik gelowige Suid-Afrikaners (ongeag kerkverband) op te roep om deur verootmoediging terug te draai na God, is aan die rol.

Die uitgewery wil daarom alle Suid-Afrikaanse kerke en Christene aanspoor om op Sondag 23 Julie dieselfde preek te gebruik.

Die preek “Waar is jou sondes?” van JC Ryle (vertaal deur ds. Henning Dafel), sal as verootmoedigingsboodskap gebruik word. Die preek is ‘n passievolle beroep op gelowiges om erns te maak met bekering en hul lewens opnuut aan Christus toe te wy, aldus ds. Dafel.

Ds. Schalk Strauss, die publikasiehoof van Lig in Duisternis Uitgewers, sê die tyd vir verootmoediging in Suid-Afrika is nóú, “en daarom nooi ons alle gemeentes uit om aan hierdie verootmoedigingsgeleentheid deel te neem. In ‘n wêreld wat toenemend verwêrelds en in Goddeloosheid verval, is die boodskap van hierdie preek lewensnoodsaaklik”.

Lig in Duisternis Uitgewers se versugting is dat die Here die preek, “Waar is jou sondes?” op Sondag 23 Julie sal gebruik om bekering onder gelowiges te bewerk en hulle aan te moedig om God se genadetyd te gebruik en opnuut na Hom te draai, want: Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God (Hebr. 10:31).

Lig en Duisternis Uitgewers nooi belangstellendes dus hartlik uit om op Sondag 23 Julie aan hierdie besonderse geleentheid tot verootmoediging deel te neem. Dienste sal op RSG, Pretoria FM en YouTube uitgesaai word. Loer ook op Lig in Duisternis se webwerf om te sien watter gemeente naby jou die preek sal lewer.

Vir enige navrae of meer inligting, kontak Lig in Duisternis Uitgewers by hoof@liginduisternis.co.za of besoek ons webtuiste www.liginduisternis.co.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 12/07/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here