Geskryf deur: Errol Naidoo
Artikelbron: www.familypolicyinstitute.com

Die Sound of Freedom-rolprent het ’n kritiese debat ontketen oor die werklikheid (wat meestal geïgnoreer word) van kindersekshandel en die groeiende pogings om pedofilie as ’n natuurlike seksuele oriëntasie te normaliseer. Ek het verlede week hierdie rolprent in Kalifornië gesien en dit was by tye moeilik om na te kyk.

Die liberale media het die rolprent as “regse fantasie” afgemaak ondanks die feit dat dit gegrond is op die werklike ervarings van die voormalige Amerikaanse veiligheidsagent, Tim Ballard en die organisasie wat hy gestig het, “Operation Underground Railroad” om kindersekshandel te beveg. Sound of Freedom was nie veronderstel om gemaak te word nie. Die meeste Hollywood-flieks word oorheers deur woke-temas. Hierdie rolprent werp egter die lig op kwessies wat die linkses in die donker hoekies van die samelewing versteek wil hou.

Kimberley Ells, die outeur van The Invincible Family skryf: “Terwyl Operation Underground Railroad die kinderseksbeweging beveg, is daar ’n internasionale poging die beweging bevorder in die naam van kinderregte.” Hier is ’n belangrike stukkie agtergrond. In 1983 is onderhoude met twee lede van die Pedophile Information Exchange (PIE), ’n pro-pedofielgroep, vir Newsnight gevoer. In die onderhoud (kyk hier daarna) het die pedofiel, Steven Adrian, gesê:

  1. “Ons politieke doelwitte sluit in die ontwikkeling van ’n samelewing waar kinders ’n baie hoër status as vandag kry, waar hulle as individue in hul eie reg erken word en dit sluit in die erkenning van hul reg op sekere seksuele vryhede.
  2. “Dit is ’n verpligting op die samelewing om toe te sien dat kinders van ’n veel vroeër ouderdom af ’n baie meer omvattende seksualiteitsvoorligting gegee word.

“Pedofiele ontwikkel ’n wedersydse seksualiteit met die kind. Dit is ’n heeltemal wederkerige verhouding … ’n Kind kan ’n aangename ervaring herken. Hy kan ’n aangename emosionele ervaring herken. Hy/sy kan toestemming gee en erken dat dit iets is waarmee hy/sy mee wil voortgaan. En die verantwoordelike, sorgsame pedofiel verwys altyd na die wense van die kind.”

Family Policy Institute

Ells gaan voort, “Toe PIE ontbind het, het Adrian verklaar, ‘die idees daaragter sal voortgaan’. Was hy reg? Deur my werk by die Verenigde Nasies (VN) oor die afgelope dekade, het ek gesien hoe hierdie drie doelwitte van pedofiele op wêreldvlak bereik word.”

1. ’n Internasionale Kinderregtebeweging
“Gedurende die 1980’s het PIE-pedofielgroepe wêreldwyd byeengeroep om die pedofiele se saak te bevorder deur ’n wêreldwye ‘kinderbevrydingbeweging’ te begin en ’n gemeenskaplike filosofiese platform vir kinderregte te vestig. Interessant genoeg is ’n nuwe dokument, Die Konvensie oor die Regte van die Kind (CRC) in 1989 by die VN onthul. Die CRC is ‘’n internasionale regsraamwerk’ wat daarop gemik is om kinderregte te bevorder – net soos Adrian voorgestel het.

“Miskien kan ons nie met sekerheid weet of en in watter mate pedofiele bygedra het tot die opstel van die CRC nie. Ons weet egter beslis dat pedofiele dit bevorder. Peter Newell is die hoofskrywer van die VN se Implementation Handbook for the Convention on the Rights of the Child wat beleidmakers leiding gee oor hoe om die CRC wêreldwyd te implementeer. In 2018 is Newell skuldig bevind aan die onsedelike aanranding en sodomisering van ’n minderjarige en tot meer as ses jaar tronkstraf gevonnis. Newell het glo ’n seun in die loop van drie jaar verkrag.

2. Omvattende seksualiteitsopvoeding
“Adrian het gesê kinders moet ‘van ’n veel vroeër ouderdom af’ ’n baie meer omvattende seksualiteitsopvoeding gegee word’. In ooreenstemming met hierdie ideaal, het die vestiging van omvattende seksualiteitsvoorligting (CSE) as ’n mensereg vir alle kinders, een van die vurigste bewegings by die VN geword. By ’n onlangse VN-onderwysberaad het aanbieders gevra vir ‘universele implementering van CSE’ vanaf die ouderdom van twee. CSE-programme (kyk hier daarna as jy dit kan verduur) vermag presies wat pedofiele sê dit moet doen: Stel seks aan kinders voor as hulle ‘reg’ en leer kinders hoe om tot seks “toe te stem“. Die pedofiele van die wêreld is sekerlik verheug.

3. Die ouderdom van toestemming tot seksuele kontak
“’n Groot struikelblok in die ‘bevryding’ van kinders is die wettige ouderdom van toestemming. PIE het bepleit vir ‘die afskaffing van alle wette oor die ouderdom van toestemming’ regoor die wêreld, en toe Frankryk beweeg het om die ouderdom van toestemming van 18 na 15 te verlaag, het Adrian gesê ”n elektriese dringendheid’ het deur die pedofielbeweging gestyg. In 2015 het die VN se Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gesê menseregtestandaarde “vereis dat state adolessente se regte waarborg … deur seksuele en reproduktiewe gesondheidsdienste sonder ouerlike toestemming te verskaf.”

“In 2016 het die VN se kinderfonds (Unicef), wat die taak het om kinders wêreldwyd te beskerm, Legal Minimum Ages and the Realization of Adolescents’ Rights gepubliseer. Hiervolgens moet lidlande toelaat dat ‘kinders toestem tot sekere mediese behandelings en intervensies sonder die toestemming van ’n ouer’. Verder het ’n organisasie, ICJ, ’n dokument bekendgestel by ’n geleentheid wat deur VN-agentskappe geborg is, insluitend die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), wat sê: ‘Seksuele gedrag waarby individue betrokke is, wat onder die binnelandse voorgeskrewe minimum ouderdom van toestemming tot seksuele kontak is, kan in werklikheid konsensueel van aard wees, al is die nie volgens wet die geval nie.'”

Die beweging vir seksuele regte wen veld in Suid-Afrika – aangevuur deur VN-agentskappe en ’n inskiklike ANC-regime. CSE, SOGI, radikale gender ideologie en ’n ten volle gedekriminaliseerde seks-industrie loop saam om die diaboliese doelwitte van die pedofielbeweging ’n tragiese werklikheid te maak.

Wend asseblief ’n spesiale poging aan om Sound of Freedom te sien. Wakker ouers, grootouers en die Kerk is die enigste verdedigingsfront wat kinders teen hierdie goddelose en diaboliese agenda het. Die hoofdoel is om jou te mislei om te glo dat dit nie aan die gebeur is nie. Dit is. Bid en tree op om kinders te beskerm.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 12/07/2023
Foto: ’n Toneel uit Sound of Freedom. Foto: Angel Studios

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here