Geskryf deur: Artikelbron: bridgesforpeace.com

Die Suid-Stille Oseaan-eilandland Fidji het onlangs aangekondig dat sy eerste ambassade in Israel
volgende jaar sal open.

Israel se minister van buitelandse sake, Eli Cohen, het die aankondiging verwelkom en Fidji ’n “ware
vriend” van Israel genoem.

“Ek wens die Fidjiaanse regering geluk met ’n belangrike besluit wat die betrekkinge tussen die twee
lande sal versterk en verdiep,” het Cohen gesê.

“Fidji het die afgelope paar jaar bewys dat hy ’n ware vriend van Israel ook in die internasionale
arena is. Die opening van die Fidjiaanse ambassade bring ons nog ’n tree nader aan die doelwit wat
ons gestel het van 100 ambassades in Israel,” het Cohen gesê.

Fidji’s sal die 98ste ambassade in die Joodse staat wees. Die meeste van die ambassades is in Tel Aviv
geleë, met die res in die hoofstad Jerusalem.

“Die verhoging van die aantal ambassades in Israel bewys Israel se waarde vir die wêreld en die
begeerte om toegang tot ons vermoëns op die gebied van innovasie, ekonomie en wetenskap te
verkry,” het Cohen gesê.

Fidji het “vriendelike betrekkinge met die staat Israel gehandhaaf deur bilaterale samewerking oor
vrede en veiligheid, en gebiede soos landbou,” het Rabuka gesê.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 10/07/2023
Foto: Fidji, die eilandnasie van die Suid-Stille Oseaan. Wikimedia Commons/jns.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here