Novak Djokovic, die heersende kampioen en ’n lid van die Serwies-Ortodokse Kerk, het ’n beduidende nederlaag teen die 20-jarige Carlos Alcaraz, die nuwe wêreldtenniskampioen, gely.
Djokovic het bykans ’n dekade lank nie op Wimbledon se hoofbaan ’n nederlaag beleef nie. Die Serwiër het egter deurgaans in hierdie wedstryd gesukkel om die mas op te kom en kon sy woede en frustrasie nie bedwing nie. Hy het selfs sy raket op die netpaal stukkend geslaan en is beboet vir die oortreding van die tenniskode.
Ondanks die intense teleurstelling het dit gelyk asof sy Christelike geloof egter wel ’n rol gespeel het om hom te help om teen die einde van die wedstryd sy gemoed tot bedaring te bring.
’n Christen-tennisentoesias, Dave Courteen, wat ’n reeks tennisbane en gimnasiums besit, het die spannende mansfinaal by Wimbledon ook bygewoon. Hy het ‘n noodsaaklike les in Bybelse genade uit Djokovic se optrede tydens die wedstryd waargeneem. Ondanks die uitdagings en emosies wat hy moes hanteer, het Djokovic groot nederigheid getoon deur Alcaraz te prys en geluk te wens met sy oorwinning. Djokovic het die resultaat met grasie aanvaar en sy lof uitgespreek vir wat Alcaraz bereik het.
Courteen glo dat so ’n vertoon van nederigheid vir almal van kardinale belang is en het beklemtoon hoe belangrik dit is om goeie sportmanskap aan die dag te lê, selfs wanneer dinge nie uitwerk soos ons gehoop het nie.
Met verwysing na Djokovic se optrede, het Courteen die manier geloof waarop die wedstryd afgesluit is en beskou dit as ’n gepaste einde van ’n ongelooflike wedstryd, ondanks die teleurstellings wat Djokovic ervaar het.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 20/07/2023
Foto: Wimbledon / facebook.com/djokovicofficial
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








