Geskryf deur: Kin Culture Artikelbron: Artikel verskaf
’n Gesonde, koesterende gesinsomgewing kan die katalisator wees vir kinders uit moeilike omstandighede om te floreer en hul volle potensiaal te bereik. Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Pleegkonferensie, wat op 26 Augustus 2023 plaasvind, is die ideale geleentheid om bymekaar te kom en oor pleegsorg te leer.
In Suid-Afrika is daar duisende kinders in pleegsorg en ’n groot behoefte aan gesinne om kinders te versorg. Die Suid-Afrikaanse Pleegkonferensie bied ’n geleentheid vir gesinne, professionele persone en ander belanghebbendes om meer te wete te kom oor die pleegsorgstelsel in Suid-Afrika en hoe om kinders wat in sorg geplaas is, te help groei en floreer.
Dié eendaggeleentheid vind op 26 Augustus van 08:30 – 15:30 by Die Bron, Willowbridge-sentrum in Bellville plaas. Verskeie kaartjie-opsies is beskikbaar, wat wissel van fisiese bywoning van die geleentheid tot aanlyn deelname. Die kostes vir kaartjies is vanaf R175.00. Alle kaartjies is beskikbaar by www.quicket.co.za.
Sessies by hierdie geleentheid sluit onderwerpe soos ingeligte traumasorg en ouerskapstyle in, asook verskeie geleenthede vir kleiner groepbesprekingsessies. Van die sprekers by vanjaar se konferensie sluit ’n sielkundige, maatskaplike werkers en verskeie ander ervare professionele persone in die kinderbeskermingsruimte in.
Vanjaar se konferensie word aangebied deur Kin Culture, ’n plaaslike kinderbeskermingsorganisasie wat daarop gemik is om pleeggesinne te werf en te ondersteun. Om die reis van pleegsorg aan te pak is ’n kronkelpad met baie op- en afdraandes. Om te leer, te netwerk en aanmoediging te kry kan van groot waarde wees vir enigiemand in hierdie ruimte.
Jy is welkom om Kobie Abrie te kontak by kobie@kinculture.org of 082 974 1825 vir meer inligting oor hierdie geleentheid.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 21/07/2023
Foto: Kin Culture
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.