Artikelbron: Evangelical Focus
Ongeveer 5 000 gelowiges het God verlede Saterdag in Barcelona aanbid. Volgens Evangelical Focus is die organisasie deur heelwat uitdagings in die gesig gestaar, maar kan van ‘n groot sukses getuig. “Dit was ’n stryd, maar terselfdertyd ’n groot oorwinning,” het Miguel Leal, een van die organiseerders, gesê.
Die Spaanse regering se aankondiging van nuwe verkiesings het sommige planne van die evangeliese veldtog in die wiele gery. Van die openbare plekke is deur politieke partye opgeëis en dit was moeiliker om ’n permit te kry vir ’n grootskaalse geleentheid, soos die een wat verlede Saterdag plaasgevind het.
“Ons het ons politieke netwerk genader en toe begin dinge beweeg,” sê Leal. Dit het uiteindelik daartoe gelei dat die geleentheid in die stad se Olimpiese hawe gehou is.
Die ligging was nie ideaal nie weens werksaamhede aan die metrostelsel. Tog het al hoe meer mense na die verhoog gestroom, waar Christelike kunstenaars hul liedjies gespeel het en die Evangelie verkondig is. “Tot nou toe was ons ’n onsigbare kerk in die stad, maar ons het gekies om sigbaar te word,” het die organiseerders gesê.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 21/07/2023
Fotos: facebook.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.