Geskryf deur: Tyler O’Neil Artikelbron: stream.org 

Angel Studios se Sound of Freedom, ’n aksieriller wat die kinderseksslawehandel blootlê, het meer kaartjies verkoop op 4 Julie se openingsdag as Indiana Jones and the Dial of Destiny, waarvan daar vooraf so ’n ophef gemaak is.

“So opwindend as wat dit is om die nommer 1-plek te bereik, kom dit nie eens naby aan die opwinding wat daardie getalle beteken vir bewusmaking van hierdie ernstige saak nie,” het Jordan Harmon, die mede-eienaar van Angel Studios, Woensdag in ‘n telefoononderhoud aan The Daily Signal gesê.

Sound of Freedom was boaan die lys met $14,3 miljoen in kaartjieverkope by 2 634 teaters op die vierde Julie, volgens Box Office Mojo. Indiana Jones het tweede gekom met $11,7 miljoen by 4 600 teaters. Disney se Elemental, met $2,8 miljoen by 3 650 teaters, was ’n verre derde.

Harmon het gesê Angel het interne data gehad wat getoon het dat die rolprent waarskynlik “aansienlik meer sou inbring as wat enigiemand verwag het”, maar “dit het ons verstom.”

Sound of Freedom vertel die verhaal van Tim Ballard (vertolk deur Jim Caviezel, van Passion of the Christ), ’n voormalige agent by die departement van binnelandse veiligheid wat honderde kinders uit seksslawerny gered het. Ballard het gewaarsku dat die Biden-administrasie se grensbeleid en sy transgender ideologie die euwels van die wêreldwye kinderseksslawehandel help en bevorder. As ’n akteur het Caviezel hom uitgespreek teen die media omdat hulle sulke belangrike kwessies begrawe.

Die Angel Studios-rolprent, His Only Son, wat die verhaal van Abraham en sy seun Isak vertel, het Creed III ook vroeër vanjaar by die loket geklop.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 21/07/2023
Foto: Angel Studios

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here