Geskryf deur: Denise Edwards
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Ons het geweldig baie kragprobleme in die area waar ons woon. So breek my yskas toe as gevolg van die kragonderbrekings. Weens my finansiële posisie het ek nie die fondse om my yskas te vervang of te laat herstel nie. Ek plaas ’n inskrywing op my Facebook-blad en binne ’n uur kontak iemand my. Sy vra my bankbesonderhede en deponeer genoeg fondse om my yskas te laat herstel of ’n goeie tweedehandse een te koop.
’n “Nuwe” yskas en nog meer!
Ek plaas toe ’n inskrywing op een van ons plaaslike WhatsApp-groepe. ’n Dame kontak my en ons kom ooreen op ’n prys vir ’n yskas wat sy wil verkoop en sy reël om die yskas by my af te lewer. Daardie aand bring sy en haar man die yskas. Toe hy sien ek het twee stukkende yskaste, sê hy hy herstel ook yskaste en vra of ek die twee aan hom sal verkoop. Ek sê hy moet my ’n aanbod maak. Toe hulle ry, het ek nie net ’n “nuwe” yskas nie, maar ook ’n beloofde betaling vir my twee ou yskaste.
Skoolklere ook voorsien
Maar dit was nie al nie. Daardie aand sit ek en my dogter op die bed en ek sê vir haar dat ek nou vir haar die skoolklere kan koop wat sy nodig het. Die Sondag kom een van ons ouderlinge na my toe en sê dat iemand genoeg fondse by die kantoor inbetaal het vir sus se skoolklere. Ek juig! Nou kan ek al my ander verpligtinge ook nakom.
Geen einde aan God se seëninge nie
Weer eens is dit nie die einde nie. Ek werk smiddae by ’n huiswerksentrum en weens die lang Desember-vakansie sou my volgende salaris eers weer einde Januarie inkom. Toe ek my bankstaat nagaan, sien ek die persoon wat ons maandeliks help, het vir Desember dubbel inbetaal wat hy normaalweg inbetaal.
Genade in oorvloed
Dit het beteken dat ek vir ons genoeg kruideniersware kon koop om deur te kom tot einde Januarie. Daarby het ek ook ’n bietjie sakgeld gehad vir die week “vakansie” oor Desember toe my seun ons na my ma toe gevat het. God se genade is groot en sy voorsiening altyd daar!
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 24/02/2025
Foto slegs ter illustrasie
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.