Geskryf deur: Almarie du Preez
Artikelbron: JUIG! Tydskrif

Wie sou ooit kon dink dat hedendaagse tegnologie die voormalige wetenskapfiksieflieks van die 90’s na kinderspeletjies sou laat lyk? Goed, ons vlieg miskien nog nie in karre soos in die fliek The Fifth Element nie, maar vandag kan robotte jou huistake verrig, 3D-drukkers kan vir jou ’n hamburger druk en slimfoontoepassings kan jou bloeddruk meet. Vandag se tegnologie laat ’n mens omtrent voel of jy self in ’n denkbeeldige wêreld leef.

God se wil of menslike ambisie?
Verandering is ’n natuurlike proses wat deur die eeue heen tot vooruitgang gelei het wat ons sosiale interaksie, kommunikasie en werkswyses beïnvloed. Hoewel verandering onvermydelik is, moet ’n mens dalk ook vra of ons menslike strewe na vooruitgang wel altyd tot voordeel van die mens is. En vir ons as gelowiges is die vraag in vandag se moderne wêreld of vooruitgang wel God se wil vir sy skepping behaag.

Dink aan die toring van Babel
Die idee om ’n toring te bou wat die hemel bereik was op daardie tydstip heel moontlik beskou as ’n kreatiewe, innoverende idee om menslike vooruitgang te bewerkstellig. Tog was God nie ten gunste van hierdie idee nie aangesien dit sou verhoed dat die mensdom oor die aarde heen versprei en God die mens se bose motiewe van selfverryking en selfverheffing raakgesien het. God gee ons vrye wil Binne die konteks van vrye wil het God die mens vryheid gegee om vooruitgang te bewerkstellig sonder om Hom in die saak te ken, maar soos alles wat buite God se wil geskied, is daar gevolge. As gelowiges – en as ’n radiostasie – moet dit altyd ons doel wees om Hom in al ons weë te ken en ons kreatiewe, innoverende idees by sy voete neer te lê.

Hy bly die grondslag
Die radiowese het beslis vooruitgang gemaak sedert die eerste Suid-Afrikaanse uitsending wat terugdateer na 18 Desember 1923. Maar selfs al leef ons in ’n veranderende media-wêreld, is daar een aspek wat vir Kaapse Kansel vas bly staan: God self. Met God en sy Woord as fondament weet ons dat selfs al sou daar verandering van uitsaaitorings, frekwensies, digitale platforms, omroepers, programmatuur en ateljeespasie wees, bly God die grondslag van ons DNS.

Sy perfekte wil
Dit is ons gebed dat ’n moderne era met legio opsies om keuses uit te oefen, nie ’n kompromie van God se perfekte wil sal meebring nie. Mag jy as leser, en elkeen van ons luisteraars, vanjaar strewe na sy perfekte wil. Mag ons voorlopers wees om ons motiewe met God se wil te belyn vir die Een wat al ons eer verdien. Mag ons deur sy Woord, wat vas bly staan, deurlopend toelaat dat Hy verandering in ons harte bewerkstellig wat sy wil laat geskied.

Vat hande met Kaapse Kansel
Indien jy graag die wonderlike werk wat Kaapse Kansel doen wil ondersteun, kan jy gerus ’n donasie maak via EFO of stuur ’n e-pos na info@kaapsekansel.co.za.

Rekeninghouer: Radio Kaapse Kansel | Bank: ABSA | Takkode: 632005
Rekeningnommer: 407 959 8874 | Verw: Jou selnommer

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 25/02/2025
Foto slegs ter illustrasie

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here