Geskryf deur: Clarina van Ieperen
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Elke Christen is geroep om dissipels te maak, maar ook om as gestuurdes te leef – ’n roeping wat verder strek as die tradisionele beeld van ’n sendeling in ’n ver, onbekende land wat in eenvoud die Evangelie verkondig. Ons benodig nie ’n paspoort vir hierdie opdrag nie, die Heilige Gees gee ons krag en inspirasie om in elke seisoen as ware gestuurdes te leef.
Leef met ’n geleentheidsperspektief
As ’n gestuurde benader jy die lewe met ’n geleentheids-perspektief vir elke alledaagse oom-blik. Vra jouself die volgende:
1 Watter geleent-hede is daar reeds in my lewe waar ek ’n paradigmaskuif benodig? Sien ek die geleenthede raak in die gesprekke aan tafel en op sosiale media?
2 Waar moet ek betrokke raak om te dien?
3 Waar kan my finansiële hulpbronne ’n bydrae maak om ander te help om die Evangelie te verkondig?
Mediasendelinge in aksie
By Radio Kaapse Kansel het ons gesamentlik die visie ontvang om as mediasendelinge die radio te gebruik vir Evangelisasie en dissipelskap. Ons as omroepers saai die Woord in geloof, wetende dat elke radiogolf ’n hart kan aanraak. Brad Kirsten, aanbieder van die program Get-up-and-Go Breakfast, vertel: “Jare gelede het ek ’n program op kortgolf-radio gehad wat oor die hele Sentraal- en Wes-Afrika uitgesaai is. Een dag het ’n luisteraar ’n boodskap gestuur dat hy op ’n strand in Ciprus sit met sy kortgolf-radio en ‘per ongeluk’ op my program ingeskakel het.” Hiermee besef ons dat radiogolwe gaan waar die wetenskap bepaal, maar God laat die klanke daarvan hoor waar Hy dit wil.
‘n Lewende stem vir die Evangelie
In 2025 bly radio steeds ’n relevante medium vir Evangelieverkondiging, veral in ’n land waar die grootste onbereikte dele diep in die platteland is – daar waar ons radiogolwe mense kan bereik.
ONS NOOI JOU UIT OM SAAM MET ONS HIERDIE OPDRAG TE AANVAAR
Deel ’n program met iemand wat die boodskap nodig het. Bid vir ons omroepers soos aangedui in Kolossense 4:3-6. Dra finansieel by sodat ons in hierdie roeping kan volhard; en bid dat elke luisteraar, selfs dié wat per ongeluk inskakel, deur die Here aangeraak word. Ons bid dat jy as sendeling sal leef, daar waar die Here jou nou plant.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 03/04/2025
Foto slegs ter illustrasie.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








