Geskryf deur: Richard Prinsloo
Artikelbron: JUIG! Tydskrif

1 Timoteus 5:8 roep ons as Christene om vir ons gesinne te sorg en in hul behoeftes te voorsien. Een manier om hierdie verantwoordelikheid na te kom, is deur finansiële beplanning en voorsiening, sodat jou geliefdes beskerm is indien iets met jou sou gebeur. In hierdie artikel kyk ons na die belangrikheid van ’n lewenspolis, ongeskiktheidsdekking en gevreesdesiekte-versekering en hoe dit jou kan help om jou gesin se toekoms te beveilig.

Lewenspolisse: Wat is dit en hoekom is dit belangrik?
’n Lewenspolis is ’n versekeringsplan wat ’n eenmalige, belastingvrye bedrag aan die begunstigde(s) uitbetaal wanneer die versekerde lewe sterf. Dit bied finansiële sekuriteit aan jou gesin deur:

• Skuld te dek – sodat jou geliefdes nie met uitstaande lenings agterbly nie.
• Maandelikse rekeninge te dek – verseker dat maadelikse uitgawes betaal kan word
• Boedelkoste te dek – voorkom dat bates verkoop moet word om boedelkoste te betaal.
• ’n Inkomste vir jou gesin te skep – indien daar fondse oorblywend is kan dit belê word om ’n volgehoue inkomste vir jou gesin te genereer.

ONGESKIKTHEIDSDEKKING:
Noodsaaklike finansiële beskerming
Ongeskiktheid kan jou vermoë om ’n inkomste te verdien, permanent of tydelik beïn-vloed. ’n Ongeskiktheidspolis kan uitbetaal as ’n eenmalige bedrag of as ’n maandelikse inkomste tot die ouderdom van 70 jaar (of lewenslank). Dit help om:

• Maandelikse inkomste te behou – verseker dat jy steeds jou huishoudelike uitgawes kan dek.
• Aanpassings aan jou huis te maak – as jou huis aanpassings nodig het om te help met die ongeskiktheid.
• Sorg te bekostig – dit kan ook help om vir sorg te betaal indien nodig.

Gevreesdesiekte-versekering: Finansiële buffer in krisistye
Gevreesdesiekte-versekering betaal ‘n eenmalige bedrag uit indien jy met ‘n ernstige siekte gediagnoseer word. Dit sluit siektes soos kanker, hartsiektes, beroertes, HIV/VIGS, trauma, geboortedefekte, outo-immuunsiektes en neurologiese toestande in.

Waarom benodig ons gevreesdesiekte-dekking?
Selfs met ‘n mediese fonds en gapingsdekking (gap cover), kan daar steeds uitgawes wees wat nie gedek word nie. Gevreesdesiekte-voordele help met:

• Mediese koste wat nie deur jou fonds of gapingsdekking betaal word nie.
• Maandelikse uitgawes terwyl jy siek is en dalk nie ‘n inkomste het nie.
• Verbeterings aan jou huis indien dit nodig is as gevolg van die gevreesde siekte.
• Versorgingsdienste, indien jy addisionele versorging benodig.
• Gee jou die vryheid om op jou herstel te fokus.

BEPLAN VIR DIE ONBEKENDE – BESKERM JOUSELF EN JOU GESIN
Niemand weet wat die toekoms inhou nie, maar ons kan voorsiening maak daarvoor. Om ‘n finansiële plan met ‘n lewenspolis, ongeskiktheidsdekking en gevreesdesiekte-voordele te hê, bied gemoedsrus vir jou en jou geliefdes.

Om meer uit te vind oor Prinsloo en vennote, kontak vir Richard. 078 988 6838 (Bel of WhatsApp)

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 04/04/2025
Foto slegs ter illustrasie.

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here