Artikelbron: Artikel verskaf 

Richelle Grant, die talentvolle Afrikaanse gospelsangeres strewe daarna om die konneksie tussen die mens se hart en God se hartsbegeerte vir hulle te help herbedraad.

Die treffende beloftes in haar lied, “Herbou”, herstel vir die moeë luisteraar die vonk van hoop. God neem die gebroke lewe van die mens en herbou dit.

In haar liefdeslied, “Die een wat ek liefhet”, kan die luisteraar nie anders as om ingetrek te word in die liefdeslied van God af nie. Die lirieke kom uit die boek Hooglied. Met pragtige kitaarwerk deur Stass van Onbeskaamd, sal die luisteraars hierdie lied oor en oor wil luister in hul binnekamer.

Richelle is in 2010 met haar hoërskoolliefde Sheehan Grant getroud. Hulle pragtige twee blonde koppies Chantelle (7) en Sheehan jnr. (3) kan spog met ’n mamma wat talentvol is.

Richelle het ’n N-Dip in vokale kuns en gaan onder leiding van Stass van Onbeskaamd “worship pastoring” studeer, die eerste graad van sy soort in Suid-Afrika. Haar liefde vir betekenisvolle musiek en kuns het nog nooit vervaag nie. Sy deel haar hart met behulp van die klavier, kitaar, sang en verfkuns. Tot onlangs toe het sy ure bestee aan haar musiek- en sangskoolstudente.

Organiseerders van kerkdienste, geestelike en vrouekampe kan getuig van die salwing wat daar rus op Richelle se aanbiddingsbediening.

In Junie 2021 is hulle familie swaar getref met die afsterwe van haar skoonpa en nog twee ander familielede wat almal binne een maand aan COVID oorlede is. Haar man het in dieselfde maand ook geveg teen die dodelik virus. “Dit was geestelike meer as ’n maand lank geestelike oorlogsvoering in my binnekamer vir my man se lewe,” getuig Richelle.

God het haar stukkende hart getroos met die lied “Sonneblom” wat sy geskryf het. “Ons 50 familielede het op dieselfde dag by drie oop grafte gestaan! Net God het ons daar deurgedra,” getuig sy.

Richelle het aan die begin van vanjaar twee Afri-Indie toekennings ontvang. Sy is vereer as Beste Nuweling en Beste Gospel-enkelsnit (vroulik) vir beide haar liedjies, “Herbou” én “Vul die huis met U glorie”. Haar stem is ook gereeld op talle radiostasies te hoor.

Sy is nou genomineer is vir ’n Aitsa toekenning in die “Geestelike liedjie van die jaar”-kategorie vir haar lied, “Vul die huis met U glorie”.

In die komende maande sal Richelle saam haar familie daarop fokus om die familiekerk – Die Rots Gemeente – te herbou. Jare lank het Richelle gebid om meer tyd saam met haar pa deur te bring en die Here het haar gebed verhoor. Nou werk sy en haar pa saam aan die bouprojek van die kerk.

Richelle voel geseënd dat die Here haar musiek en stem gebruik om harte aan te raak. “’Die Een wat ek liefhet’ is beslis my gunstelinglied tot dusver,” sê sy. “ Dit is ’n huldeblyk aan God.” Sy het heel geword en troos en vrede gevind in God se Woord en al Sy beloftes.

Die lied “Die een wat ek liefhet” is vanaf 14 Julie 2023 op alle digitale platforms beskikbaar

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 18/07/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here