Geskryf deur: Billy Hallowell Artikelbron: www.charismanews.com
Gewilde evangelis Ray Comfort het ’n boeiende video wat volgens hom binnekort op sy bediening se YouTube-kanaal beskikbaar sal wees. Dit bevat ’n onderhoud wat Christelike gehore sal inspireer.
“Onlangs het Richard Dawkins se regterhandman die bediening gekontak en gesê dat hy (die man, nie Dawkins nie) tot geloof in Jesus gekom het,” het Comfort geskryf. “Ons het hom na ons ateljee gevlieg en die oggend bestee om die sy storie op te neem vir ’n dokumentêre program op ons YouTube-kanaal.”
Comfort het aan CBN se Faithwire gesê die man het na sy bedieningspan by Living Waters uitgereik en gesê hy het vier jaar lank baie nou met Dawkins – ’n evolusionêre bioloog en bekende ateïs – saamgewerk voordat dié naamlose voormalige personeellid ’n Christen geword het. “Hy het gesê dat hy tot geloof in Jesus gekom het en het bygevoeg dat hy ’n aantal van Dawkins se dokumentêre rolprente vervaardig het. Hy het gesê dat die beroemde ateïs een van sy topverkoperboeke aan hom opgedra het,” het Comfort gesê. “Ek was baie skepties, maar ná ’n bietjie navorsing het ek ontdek dat alles wat hy gesê het, die waarheid is.”
Comfort en sy span het die man onlangs na hul televisie-ateljee in Suid-Kalifornië gevlieg en “die storie van sy bekering opgeneem” terwyl hulle ook meer oor sy verhouding met Dawkins uitgevind het.
“Dit is ’n fassinerende storie en een wat ons in die nabye toekoms op die Living Waters Youtube-kanaal gaan plaas,” het Comfort gesê.
Die evangelis het ook gesê die man was deel van Dawkins se span tydens ’n voorval wat Comfort as die “banana man fiasco” beskryf het. Jare gelede het Dawkins na bewering vir Comfort die bynaam “banana man” gegee en ander prominente ateïste het die naam gebruik om Comfort te verneder.
Die Christen-leier het gesê dit is ironies dat hierdie voormalige Dawkins-personeellid “in die binnekring” was toe daardie debakel ontvou het. Comfort het voorheen ’n dokumentêre rolprent gemaak met die titel The Fool: Why Ray Comfort Is Atheism’s #1 Clown om te wys hoe God die “banana man”-situasie ten goede gebruik het.
“Met hierdie onderhoud met iemand so na aan Dawkins, oorvleuel die twee stories,” het Comfort gesê. “Ek dink Christene gaan baie bemoedig word deur wat hulle sien en hoor.” Comfort moedig mense aan om ingeskakel te bly op die Living Waters YouTube-kanaal vir meer oor hierdie storie.
Die video sal beslis boeiend wees, veral in die lig van die individu se beweerde verbintenis met Dawkins, een van die wêreld se bekendste – en berugste – ateïste.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 17/07/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk aangepas vanaf www.facebook.com/livingwatersdu
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








