Geskryf deur: Karen Faulkner Artikelbron: worthynews.com

’n Nuwe opname onder Amerikaanse Protestantse Kerkgangers toon dat om aanlyn na regstreekse kerkdienste te kyk in plaas daarvan om dit persoonlik by te woon, ’n gewilde opsie bly. Byna 40% van die deelnemers aan die meningspeiling het gesê hulle het die afgelope jaar meer as vyf keer na aanlyn kerkdienste gekyk, berig Relevant Magazine.

Die peiling is tussen 19 en 29 September 2022 deur Lifeway Research gedoen met 1 002 deelnemers.

Die opname het gevra: “In die afgelope jaar, ongeveer hoeveel keer het jy na ’n regstreekse stroming van ’n kerkdiens gekyk in plaas daarvan om dit persoonlik by te woon?”

Mans(25%) was meer geneig om “geen” te kies as vrouens (17%). Wat ouderdom betref was diegene tussen die ouderdomme 50-64 (27%) en 65+ (26%) meer geneig om “geen” te kies as dié 18-34 (13%) en 35-49 (12%).

Diegene tussen die ouderdomme 18-34 (27%) en 35-49 (25%) was meer geneig om “drie tot vyf keer” te kies as diegene tussen die ouderdomme 50-64 (14%) en 65+ (18%), “het die meningspeiling bevind.

Wat etnisiteit betref, was blankes (23%) meer geneig om “geen” te kies as swart Amerikaners (13%).

Die swart Amerikaners (26%) en Spaanse Amerikaners (26%) was meer geneig om “drie tot vyf keer” te kies as blankes (17%).

Die peiling het bevind dat die volume van aanlyn kyk na kerkdienste aansienlik afgeneem het sedert die hoogtepunt van die COVID-19-pandemie in 2021. “Minder kerkgangers beskou videostroming as ’n geldige plaasvervanger vir fisiese kerkbywoning wanneer hulle siek is, ver reis of te laat opstaan as wat die mening in 2019 was,” het Lifeway Research in sy verslag gesê.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 18/07/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here