Artikelbron: cvandaag.nl 

Klimaataktiviste van Extinction Rebellion het verlede naweek ’n kerkdiens in die Italiaanse stad, Turyn, ontwrig.

Net voor aartsbiskop Roberto Repole met sy preek in die katedraal van Turyn begin het, het ’n groep aktiviste uit die gehoor skielik opgestaan. Hulle het na voor gestap en uittreksels uit twee geskrifte van pous Francis voorgedra waarin hy sy kommer uitgespreek het oor die “erns van die ekologiese en klimaatkrisis”.

Extinction Rebellion is bekend vir verreikende aksies om die aandag op klimaatsverandering te vestig en aktiviste oortree dikwels die wet om dit te doen. Die organisasie fokus nie net op klimaat nie, deesdae kan anti-Semitiese slagspreuke ook by talle Extinction Rebellion-demonstrasies gehoor word weens Israel se stryd teen die terreurorganisasie, Hamas.

Aartsbiskop Roberto Repole het in ’n verklaring op die voorval gereageer, berig die Christian Post. Hoewel hy gesê het dat hy dit waardeer dat die aktiviste “mobiliseer om die skepping te verdedig deur die oproepe van pous Franciscus” te gebruik, het hy egter bygevoeg dat hy nie die manier waarop hulle dit gedoen het waardeer nie en gesê dat ’n kerkdiens nie die geskikte geleentheid vir openbare betoog is nie. “ ’n Kerkdiens is ’n tyd van gebed en moet as sodanig gerespekteer word.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 08/12/2023
Foto: YouTube

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here