Geskryf deur: Errol Naidoo
Artikelbron: Artikel verskaf
In die grondwetlike hof se uitspraak oor die gewysigde Kieswet het regter Mhlantla die Independent Candidates Association’s” (ICA) se aansoek van die hand gewys en die 200/200-verdeling van setels van die Nasionale Vergadering as grondwetlik bevestig, maar die vereiste van 15% ondertekeninge vir onafhanklike kandidate om te kan registreer, as ongrondwetlik beskou en dit vervang met ’n reël dat slegs 1 000 handtekeninge benodig word. Dit is ’n groot oorwinning vir die One South Africa-beweging (OSA) en onafhanklike kandidate en is tot hulle voordeel.
Hierdie beslissing is ’n geskiedkundige oomblik aangesien onafhanklike kandidate nou ook aan die algemene verkiesing kan deelneem ̶ ’n eerste vir Suid-Afrika. Die land staar egter kritieke uitdagings oor politieke, sosiale en ekonomiese fronte in die gesig en die algemene verkiesing van 2024 sal deurslaggewend vir sy toekoms wees.
Onder die ANC-regering het korrupsie, wanbestuur en ekonomiese agteruitgang gelei tot verhoogde armoede en werkloosheid.
President Cyril Ramaphosa se optrede, soos die afdanking van ’n regter wat die saak oor korrupsiebewerings teen voormalige adjunkpresident David Mabuza hanteer het en die onderbefondsing van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), wek kommer oor geregtigheid en aanspreeklikheid.
Die ANC, wat finansiële probleme ondervind met skuld en regsaksies teen hom, word ook geblameer vir krisisse by Suid-Afrikaanse hawens en Transnet weens korrupsie en onbevoegdheid.
Daar is ’n groeiende konsensus dat die verwydering van die ANC as regerende party deurslaggewend is vir Suid-Afrika se voortbestaan. ’n Koalisieregering van kleiner partye in die komende verkiesing word as ’n lewensvatbare alternatief bepleit.
Ons moet ernstig bid, ons stem dik maak en vir verandering in 2024 stem.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 09/03/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit: www.freepik.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.









