Artikelbron: Artikel verskaf
Ontnugterde NG gemeentes wat gehoop het dat die Oktober-vergadering van die Algemene Sinode (AS) van die NG Kerk hulle ’n rede sou gee om in die kerkgroep aan te bly, ondersoek nou nuwe opsies, skryf dr. Henrietta Klaasing, ’n lid van die uitgebreide werksgroep van Kairos Netwerk en Koinonia Sinode wat in Mei 2023 gestig is.
Ná afloop van die AS-vergadering het die Namibiese bestuurspan (moderamen) besluit dat daar nie voldoende tekens van bekering van dwaalleer was nie en het ’n proses van losmaking van die AS begin.
Intussen het die uitgebreide werkgroep van Koinonia Sinode en Kairos Netwerk ’n konsep-dokument opgestel.
Hierdie dokument is breedvoerig bespreek by elk van die drie streekskongresse van Skrifgetroue NG gemeentes en lidmate wat deur Koinonia Sinode gereël en aan die einde van 2023 gehou is. Die konsepdokument is nou na gemeentes geneem vir verdere bespreking. Die groep gelowiges “weier om weer slawe te word van dwaalleer” en het hulle in woord en daad gedistansieer van die Algemene Sinode van die NG Kerk en ander kerkvergaderings wat onder meer die gesag van die Skrif ondermyn en in kerklike wanorde verval het.
Die dolerendes verwerp die besluite van die AS en ag dit nie as bindend nie. Op die konferensies is ’n raamwerk bespreek wat gemeentes vir die pad vorentoe kan volg. Besoek www.koinoniasinode.org.za vir meer inligting oor die pad van vrygemaakte NG gemeentes loop. Koinonia Sinode beplan om vroeg in 2024 ’n vergadering te hou om terugvoer van die gemeentes oor die konsepdokument te kry.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 10/12/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.