Artikelbron: Artikel verskaf 

Die Koinonia Sinode -diensgroep neem die vrymoedigheid om in die lig van soveel uitdagings in ons land, gemeentes aan te moedig om opnuut in hierdie tyd waar die land klaarblyklik ons Christelik morele kompas verloor het, groot erns met verootmoediging te maak.

Christene word aangemoedig om in verootmoediging die volgende sake na die Here neem:

  1. Die omstrede Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Terwyl nasionale gesondheid tans klaaglik tekortskiet en selfs misluk, word dié wetsontwerp uit verskeie oorde gesien as iets wat Suid-Afrika en sy burgers net verder in die steek gaan laat en geweldige implikasies inhou.
  2. Ons land gaan tans gebuk onder geweldige hoë temperature en gepaardgaande waternood. In baie streke kon amper glad nie geplant word nie en sukkel die weiding om te herstel na vernietigende veldbrande.
  3. Die wetgewing oor onderwys (BELA -wetgewing) skep groot onsekerheid oor die voortgesette inspraak van plaaslike gemeenskappe. Dit skep onsekerheid by skole, beheerliggame en onderwysers.
  4. Die verslegtende water- en sanitasieprobleme word al openlik as ’n misdaad teen die mensdom beskryf.
  5. Werkloosheid – letterlik miljoene mense is afhanklik van onleefbare pensioene, toelaes en hulpfondse.
  6. Die beleid van die regering en gevolglike onseker en verslegtende ekonomiese omstandighede maak dat al meer instansies en privaat beleggers die land verlaat.
  7. Ongekende hoë vlakke van misdaad en twyfelagtige, onsekere wetstoepassing wat selfs tot boendoegeregtigheid lei, maak Suid-Afrika tans ’n baie onveilige land.
  8. Die voortslepende elektrisiteitskrisis en gevolglike verliese vir die landbou-, industriële-, en sakewêreld, asook die skade wat aangerig word aan toerusting deur die aan- en afskakel van elektrisiteit.

Die versoek is dat verootmoediging die volgende twee Sondae sowel as 16 Desember hoog op die agenda geplaas word. Christene word opgeroep om in die gees van die vierde vers van die Stem saam te bid:

“Op U Almag vas vertrouend, het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! Om te handhaaf en te hou –
Dat die erwe van ons vad’re Vir ons kinders erwe bly: …
Soos ons vadere vertrou het, Leer ook ons vertrou, o Heer”.

Besoek koinoniasinode.org.za of volg Koinonia Sinode op Facebook

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 11/12/2023
Foto slegs ter illustrasie: unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here