Geskryf deur: Die AP Akademie 
Artikelbron: Artikel verskaf

ʼn Mens is nooit te oud om te leer nie en ons moet beslis nooit ophou om te leer nie.

Tydens Die AP Akademie se Promosieplegtigheid het twee dames wat effens ouer as die normale student is, hulle grade ontvang.

Riki Kotze het op die jong ouderdom van 64 haar BA-graad in opvoedkunde en sielkunde verwerf, wat goed aansluit by haar werk met spesiale-behoefte kinders en berading.

“Ek het spesifiek na die persoonlike kontak in my studies gesoek, omdat ek nie kans gesien het vir ʼn magdom studente rondom my nie, en dit is presies wat Die APA my gebied het,” sê sy oor haar keuse. “Die kursusinhoud is puik en dit het my baie gehelp dat ek my klasse aanlyn kon bywoon om aan te pas by my skedule, hoewel die klasse op kampus báie lekker was.”

Drienie Truter het reeds haar BA-graad in Afrikaans en Wiskunde by die APA verwerf en toe besluit om ook die Nagraadse Onderwyssertifikaat aan te pak.

“Ek het aanvanklik gedink ek is te oud om te studeer, maar nadat Die APA my aansoek aanvaar het, het ek dit as ʼn teken gesien om wel te begin met my studies,” sê Drienie. “Wat veral uitstekend was met die afstandsonderrig, is dat ons werk altyd opgelaai en gereed was, selfs tydens die inperking. En dat dosente altyd beskikbaar was.

“Ek sien daarna uit om met hierdie kwalifikasie ook my onderwysloopbaan na groter skole uit te brei.”

Die graduandi is veral vol lof dat Die APA die reputasie as ʼn instelling met goeie bystand, kleiner klasse en persoonlike aandag, gestand gedoen het.

“Dit is vir ons ʼn riem onder die hart dat mense dors na kennis en kies om dit by ons instelling te les,” sê Prof. dr. Gerrit Smit, die vise-kanselier en rektor van die AP Akademie. “Ons is baie trots dat Die AP Akademie die geleentheid aan alle studente bied om hulle horisonne te verbreed met verdere studies.”

Die AP Akademie is ʼn privaat tersiêre onderwysinstelling wat ten volle by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geregistreer is en studiegeleentheid in drie volwaardige grade – BDiv, BA en Nagraadse Onderwyssertifikaat – en verskeie akademiese kursusse bied.

“Dit is die AP Akademie se visie om uitstaande en waardegedrewe eietydse Hoër Onderwys te bevorder vanuit ons Klassieke Christelike Tradisie. Ons volg inderdaad die “ou spore” na “nuwe weë”,” sê Prof. dr. Smit. “Omdat die APA ʼn kleiner onderwysinstelling is, ontvang ons studente beter kwaliteit opleiding met meer een-tot-een aandag van dosente, en daarvan kan die kwalifikasies wat ons studente hier ontvang het, getuig.

“Ons wens al ons graduandi hartlik geluk met die prestasie.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 17/03/2023

Foto ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here