Geskryf deur: Aid to the Church in Need
Artikelbron: acnuk.org 

n Siriese kerk het ’n dringende beroep op hulp gedoen, aangesien baie mense in Aleppo een maand ná die verwoestende aardbewings steeds in motors of op die vloere van kerke en skole slaap omdat hulle huise erg beskadig of vernietig is.

2 500 huise moet herstel word
Die kerk vra bystand om die huur vir tydelike verblyf vir die 430 Christelike gesinne, te kan betaal. Xavier Bisits, die projekbestuurder vir Sirië by Aid to the Church in Need (ACN), verduidelik dat ongeveer 2 500 huise vir Christene in Aleppo herstel moet word. Terwyl kostes bereken en besonderhede afgehandel word, is die prioriteit nou om tydelike behuising te huur vir gesinne wat nie kan terugkeer na hulle eie wonings nie.

Vennootskap tussen kerkgroepe
ACN het ’n vennootskapsprogram met die Gesamentlike Kerklike Komitee van Aleppo – wat Rooms-Katolieke, Ortodokse en Protestantse kerkverteenwoordigers insluit – goedgekeur om tydelike huurbystand aan sowat 430 gesinne te verskaf. Die gesinne kan nie na hulle huise terugkeer nie omdat dit vernietig of erg beskadig is. Die ingenieurs het gesê al is die geboue nie in puin nie, kan daar strukturele skade wees wat vereis dat die huise gesloop moet word.

n Bejaarde Siriese vrou
Een van die geaffekteerde huise behoort aan Clemente, ’n bejaarde Siriese vrou, wat nie kan terugkeer na haar huis nie, aangesien dit erg deur die aardbewing beskadig is. Sy is in die vroeë oggendure deur die aardbewing wakker gemaak. “Die vensters het begin breek en die mure het ineengestort. Ons was doodbang. Ons was amper dood. Dit is vir my moeilik om te beweeg, dus moes my seun my uit die bed help en ons het so vinnig moontlik na buite gegaan. Daar was baie mense in die straat en dit het swaar gereën. Ons het God gedank dat ons nog lewe.”

Clemente kan egter nie nou terugkeer na haar huis nie: “My broer is ’n ingenieur en hy het ons huis ondersoek. Hy het gesê dit is te erg beskadig en ons sal moet trek. Ons woon op die vierde vloer en ‘n buurman se muur het op ons huis ingeval.”

Volgens Bisits is die prioriteit om mense te help om ’n woonplek te vind sodat hulle nie meer onder moeilike omstandighede saam met hulle gesinne in kerke of selfs motors te leer nie. Sodra dit gedoen is, kan herstelwerk aan huise hanteer word.

Terselfdertyd is die bevolking nog in die greep van angs. Baie van hulle is reeds getraumatiseer die oorlog in die land en die natuurramp het die situasie net vererger. Baie van hulle kom na die kerk vir hulp en steun.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 09/03/2023
Foto: acnuk.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here