Artikelbron: All Israel News
Die wêreld is op 7 Oktober geskok deur die terreurorganisasie, Hamas, se gewelddadige aanval op Israel. Die aanval is al as Israel se ground zero (9/11) bestempel.
Sedertdien bly die dodetal aan beide kante styg en is daar geen einde in sig vir die oorlog nie. Daarom het Ortodokse Joodse leiers en evangeliese Christene wat in Israel woon, ’n beroep gedoen dat vandag, Maandag 6 November, ’n nasionale dag van gebed sal wees, berig All Israel News.
Hoewel individuele gebede belangrik is, is dit volgens die leiers noodsaaklik dat die nasie as geheel vas en bid en vra vir God se genade, vergifnis en guns.
Dit is ook nie net Ortodokse Joodse leiers in Israel wat die gebedsinisiatief voorstaan nie, maar ook dié in die buiteland. Die medestigter van All Israel News, wat reeds sedert 2020 bestaan, sê die inisieerders wys op talle voorbeelde in die Bybel waar die nasie in gevaarlike tye na die Here gedraai het en dat die God van Israel hulle op ’n magtige manier geantwoord het.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 06/11/2023
Foto: allisrael.com/Flash90
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.