Geskryf deur: Erna Basson*
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Soos die meeste ander mense is ek ook aan COVID blootgestel en het ek maande lank met ontsettende moegheid gesukkel. Ek het meer koffie as gewoonlik gedrink om my energie ’n hupstoot te probeer gee, want ek het net nie meer die tipe energie gehad waaraan ek gewoond was nie. Ek het aanvullings, magnesium en ander produkte geneem wat almal belowe het dat dit my energie sou gee, maar ek was steeds baie vaak gedurende die dag en het selfs meer uiltjies geknip as my dogtertjie! Ek kon nie meer met haar speel of saam met haar op die strand hardloop nie.
Ek was altyd ’n bondel energie
Ek was voorheen ’n ander mens: ’n bondel energie, uitgaande en ’n baie sosiale mens. Dit het egter alles verander en ek het gevoel asof ek 90 jaar oud was. Selfs om ’n bord te was, het soos ’n onmoontlike taak gevoel. Eenvoudige dinge was ’n uitdaging. Ek het gevoel asof ek wil hiberneer. Hierdie tamheid het maande lank aangehou en het my liggaamlik en emosioneel beïnvloed.
Ek was bang en wanhopig
Ek het begin vind dat my brein nie meer so skerp en vinnig soos voorheen funksioneer nie. Toe dit my kognitief so begin affekteer, het ek bang geword. My verstand was dof, my denke aangetas. Omdat ek so moeg en in hierdie wasige toestand was, het ek begin verstaan hoekom mense drastiese dinge doen wanneer hulel hoop verloor – want ek het wanhopig begin voel. Nie een van die dokters of spesialiste kon my help nie!
Sedert hierdie ervaring kyk ek nie meer op na mense spesialiste soos ons almal maar doen nie. Ek was nog nooit so teleurgesteld nie. Hulle het nie antwoorde vir my gehad nie. Die meeste van hulle het gesê hulle weet nie eintlik hoe om dit te behandel nie en hulle probeer nog uitvind waarom mense so lank ná COVID steeds sulke simptome ervaar.
‘Here, gee my ’n teken!’
Ek is ’n gelowige en het deur dit alles heen my geloof behou. Ek het desperaat tot God gebid. Ek het Hom gevra: “Here, gee my asseblief ’n teken! Ek is super gefrustreerd!” Ek het ’n gevoel gekry om na ’n spesifieke gesondheidswinkel te gaan waar ’n lieflike dame my nog altyd baie doeltreffend gehelp het. Ek het haar gevra vir iets wat my kan opkikker en my energie terugbring.
Van al die produkte op die rakke het sy weer eens Oxygen Products voorgestel. Sy het dit in die verlede genoem, maar ek het gedink: Ek hoef nie suurstof te koop nie, ek kry dit gratis in die lug. Toe ek teëstribbel, verduidelik sy: “Nee, jy verstaan nie. Jy voel so omdat jy juis nie genoeg suurstof in jou bloed het nie.”
My brein is weer wakker
Ek het Mega Oxygen probeer – ek was nogal skepties omdat ek so baie produkte al probeer het en niks regtig gewerk het nie. My ma het ná dag een ’n verandering opgemerk. Sy het ’n verskil gesien: Ek het meer energie gehad en ek was nie so slaperig nie. Ek was toe nog steeds skepties, want ek het gedink dit is dalk maar die placebo-effek. Ek het nie vir my man gesê dat ek iets nuuts neem nie, maar hy het ook opgemerk dat ek nuwe energie het: “Jy was maande laas so aktief!” Ewe skielik was ek lus om uit te gaan en my dansskoene aan te trek, my hare te laat doen. Op dag drie het ek weer op en wakker gevoel. Eensklaps was my brein weer wakker!
Almal moet dit gebruik
Almal se liggame reageer ’n bietjie anders op COVID. Sommige skud dit vinnig af en ander mense het langtermyn-komplikasies. Sommige mense het sinus-probleme wat hulle nooit vantevore gehad het nie, ander het nimmereindigende griep, moegheid en verskeie ander simptome. Ons gesin en familie is geen uitsondering nie, maar ek gaan hulle almal oortuig om ook Oxygen Products se produkte te begin gebruik!
Hoe werk Mega Oxygen?
Wanneer Mega Oxygen saam met water geneem word, breek die kapsule in die spysverteringstelsel af en stel die inhoud aan water bloot. Sodra die magnesiumperoksied met water in kontak kom, stel dit die suurstof vry wat dan in die bloedstroom opgeneem word waar dit jou weefsel en organe met suurstof verryk en jou metabolisme, bloedsirkulasie en die immuunstelsel stimuleer.
Produkte sluit in:
• Mega Oxygen-kapsules:
Lewer suurstof direk aan elke sel in die liggaam.
• Heart Health-kapsules:
’n Reiniger vir die hart, slagare, are en bloedhaarvate.
• Super Oxygen – Sportkapsules: Bevorder prestasievermoë,
uithouvermoë en herstel in sport (MSM).
• SuperVitamins + Oxygen:
96 voedingstowwe, 46 antioksidante, 36 teen-inflammasiestowwe, 18 aminosure.
• WaterLife:
84 noodsaaklike minerale vir rehidrasie van selle.
Bestel jou produkte aanlyn:
www.oxygenproducts.org of skakel 021 557 0446
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 26/04/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.