Geskryf deur: Astrid Raath
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Die genesingsreis kan lank en pynlik wees, veral vir dié wat chroniese wonde het. Sulke wonde wat weier om te genees ondanks mediese aandag, kan frustrerend en aftakelend wees; dit kan veroorsaak dat pasiënte hoop verloor in hulle herstelproses. Danksy die bekendstelling van BluLyte Wound Care, is genesing egter nou binne bereik vir dié wat met hierdie probleem te doen het.
Bloedklonte in sy been
Gabriel Greeff se storie is ’n uitstekende voorbeeld van hoe BluLyte Wound Care ’n lewensveranderende verskil kan maak. Nadat hy in Junie 2021 COVID opgedoen het, het Gabriel besef dat daar iets skort met sy linkerbeen. Sy voet het koud gebly, ongeag die kamertemperatuur. ’n Doppler-sonarskandering het aan die lig gebring dat die bloedvloei in sy been erg deur bloedklonte belemmer is en dat hy ’n operasie nodig gehad het om dit te verwyder. Ongelukkig het die meeste van die noodsaaklike bloedvate in sy onderbeen weens die bloedklonte verlore gegaan, wat die bloedvloei drasties verminder het. Dit het op sy beurt sy liggaam se vermoë vertraag om ná die operasie die wond te genees.
’n Wond wat net nie wil genees nie
In Augustus 2021 moes Gabriel drie veloorplantings ondergaan om die wond te help toemaak, maar weens die gebrek aan bloedsirkulasie was dit nie suksesvol nie. Die oorplantingswond het besmet geraak en wou net nie genees nie. Gabriel het die hulp van ’n wondsorgverpleegster ingeroep om te help met ’n wondsorgbehandelingsplan. Ondanks die feit dat hy nege maande lank behandeling ontvang het, was daar steeds nie die vordering waarvoor hy gehoop het nie.
Spesiale wondskoonmaakproses
In Maart 2022 het Gabriel se behandelingsplan verander toe hy aan BluLyte Wound Care bekendgestel is. Aan die begin van elke sessie waar die verband omgeruil moet word, het die wondsorgverpleegkundige BluLyte Wound Care as ’n wondskoonmaker toegedien om van die nekrotiese dooie materiaal ontslae te raak en enige biofilm (mikroörganismes) wat moontlik opgebou het, te verwyder voordat die wond verbind word.
Onmiddellike resultate
Die insluiting van BluLyte Wound Care het byna onmiddellike resultate opgelewer. Die BluLyte Wound Care-oplossing het gehelp om die infeksie in sy onderbeen te beveg terwyl dit die oop wond skoongemaak het, die ontsteking in die vel laat bedaar het en selvernuwing aanmoedig het.
Uiteindelik vry van infeksie
Teen Oktober 2022 het die wond op Gabriel se been reeds drasties verbeter. Die meeste van die skade het genees, maar sy been het steeds ’n paar tekens van infeksie getoon in die vorm van sere wat lank geneem het om te herstel. Hy het nog ’n bottel BluLyte Wound Care ontvang, die enigste wondsorg-produk wat hy van toe af op sy been gebruik het en teen Desember 2022 was die wond heeltemal vry van infeksie. “Dankie aan BluLyte, wat ’n wonderlike produk. Ná 18 maande kon ek weer swem en stort,” sê hy.
Innoverende wondsorgprodukte
Gabriel Greeff is ’n bewys van die krag van innoverende wondsorgprodukte wat pasiënte op hulle genesingsreis kan bystaan. BluLyte-produkte bevat hipochloorsuur, ’n anti-mikrobiese molekule wat deur die liggaam se immuunstelsel vervaardig word om infeksie te beveg en met die genesings-proses te help. Dit help ook om reukproduserende mikrobes te dood, streel geïrriteerde en ontsteekte vel en versnel selvernuwing wat tot vinniger wondgenesing lei.
BluLyte-reeks se vele voordele
Die BluLyte-reeks help genesing aan in die geval van diabetiese ulkusse, beenabsesse, postchirurgiese wonde, eerste- en tweedegraadse brandwonde, veloorplantings, fase I- to IV-drukwonde en ligte skaafwonde en diep snye. Die BluLyte-produkte het ook ’n strelende uitwerking op veltoestande soos ekseem en dermatitis.
Gabriel Greeff
BluLyte Wound Care is ’n kragtige antimikrobiese oplossing wat infeksie beveg, biofilmopbou verwyder en patogene mikrobes soos bakterieë, swamme en virusse doodmaak. Ons wondsorgreeks is 100% natuurlik, is nie sitotoksies nie en irriteer ook nie die vel nie – wat dit veilig en doeltreffend maak vir die mees sensitiewe vel. BluLyte Wound Care is omgewingsvriendelik, veilig vir gebruik om mense en diere, veganvriendelik en is nie op diere getoets nie.
Spoedige herstel
Wat wondversorging betref, is dit noodsaaklik om die regte behandeling te vind om spoedige en doeltreffende herstel te verseker.
ASTRID RAATH – hoof- uitvoerede bestuurder van BluLyte
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 26/04/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.
Goeiedag.
Ek het sopas gelees van julle Blulyte produk.
En sal graag die Wound cleaner will probeer.
My ma is 80 jaar en sy sukkel al vir jare met n seer aan die onderkant van haar been.
Die produkte wat voorgeskryf word, is van korte duur by apteke beskikbaar.
Dan moet ons weer iets anders gebruik wat geen resulte lewer nie.
As julle n produk het wat ek saam met die wound cleaner kan gebruik , sal dit baie waardeer word.
Hoor graag van julle
Vriendelike groete
Sophia William’s.
Hallo Sophia
Ek stel voor dat jy direk met Blulyte kontak maak, hulle sal jou beslis help met hulle uitstekende reeks produkte om daardie wond spoedig te help genees.
• info@blulyte.co.za
• 021 945 2244
• 072 959 1365
Jy kan ook hulle webtuiste besoek en die produk aanlyn bestel. http://www.blulyte.com
Baie dankie vir jou navraag.
Vriendelike groete
JUIG! Nuus