Geskryf deur: VOM Suid-Afrika
Artikelbron: www.persecutionsa.org
In Iran is dit onwettig om Bybels te besit, te laat druk, in te voer of te versprei. Aangesien dit so moeilik is Bybels te bekom, is Bybels vir Iranse Christene baie waardevol; min van die Christene besit hulle eie eksemplaar van God se Woord.
Ondanks die verbod op Bybels en die skaarsheid van die Boek, werk Christene in Iran daaraan om eksemplare van God se Woord in mense se hande te plaas.
Wanneer hulle ’n besending Bybels ontvang, lewer ons Iranse broers en susters die Bybels per hand aan vreemdelinge af. Hulle klop aan die deure van mense wat hulle nie ken nie en gee die Bybels aan enigeen wat bereid is om die geskenk te aanvaar. Hulle plaas soms die Bybels in posbusse.
Werkers op die voorste linie het talle verhale van Iranse Moslems wat die Bybel vir die eerste keer gelees het nadat hulle onverwags een in hul posbus ontvang het en later volgelinge van Christus geword het.
Bid dat meer Iraniërs Bybels sal ontvang en volgelinge van Christus sal word.
Bid dat die werkers nog maniere sal vind om Bybels by mense uit te kry en om dit op ’n veilige manier te kan doen.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 11/04/2023
Foto: facebook.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.