Artikelbron: www.opendoorsuk.org
Irakse kerke het alle Kersfees- en Nuwejaarsvieringe gekanselleer. Hulle doen dit uit respek vir die slagoffers van die dodelike brand by ‘n troue in Qaraqosh en vir die slagoffers in Israel met die stryd tussen Israel en Hamas.
Die vieringe sal beperk word tot gebede en kerkrituele, volgens Irakse kerkleiers wat in Erbil, Noord-Irak, vergader is. Alle ander seremonies is gekanselleer. Tydens die vergadering is ’n minuut stilte vir Christen-slagoffers in die Midde-Ooste gehou. Op 26 September is 133 Christene dood in ’n brand wat by ’n trousaal in Qaraqosh uitgebreek het, talle ander gaste is beseer.
Die voorgangers is bekommerd oor die voortbestaan van die kerk in Irak. In ’n verklaring van 28 November sê hulle hul vrees dat die regering nie die beskerming Christene se regte ernstig opneem nie. “Christene is nie ’n minderheid in hul vaderland nie, ook nie ’n gemeenskap of ’n ingevoerde kommoditeit nie. Hulle wortels lê diep in Irak.”
Die Christelike teenwoordigheid in Irak is nog nie weg nie, lui die verklaring. “Christene het voor en ná die koms van Islam ’n groot rol gespeel in die geskiedenis van Irak, oftewel Mesopotamië, die land ‘waar alles begin het’ en die eerste beskawings gevestig is. Christene is ’n noodsaaklike deel van Irak se kulturele, sosiale en nasionale erfenis.”
Kerkleiers het die vreedsame aard van die Christelike geloof beklemtoon. “Christene is nie geneig tot geweld en wraak nie, maar eerder tot liefde en barmhartigheid. Ondanks hiervan word hulle onderwerp aan verdrukking, aanvalle en pogings deur landgenote om op slinkse maniere beslag te lê op hul huise en eiendomme. Dit is hoekom diegene wat dit kon bekostig, die land verlaat het om hul lewens en die toekoms van hul kinders te beskerm”.
Kerkleiers het hul vergadering afgesluit met ’n gebed vir vrede vir Irak en die streek in die Midde-Ooste.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 13/12/2023
Foto: Geopende Deure
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.