Artikelbron: cvandaag.nl 

Calvary Temple, Indië se grootste kerk met meer as 300 000 lidmate, het ambisieuse planne om oor die volgende dekade landswyd veertig kerke te stig. Hulle hou elke Sondag vyf dienste en begin reeds 06:00 begin. Duisende mense kom ure voor die tyd aan om ’n plek te verseker. Die hoofgebou akkommodeer 18 000 mense, met bykomende sale vir nog 18 000 en honderde ander kyk na die diens op televisieskerms wat oral op die Calvary Temple-kampus versprei is.

Pastoor Satish Kumar, verstom deur die kerk se groei sedert sy nederige begin in 2005, lei die dienste en verwelkom maandeliks sowat 3 000 nuwe gelowiges. Hulle bereik miljoene deur TV-programme in verskeie tale en met sosiale media. Kumar skryf hul sukses toe aan die verkondiging van die suiwer Woord van God.

Behalwe om te preek, demonstreer die kerk aktief God se liefde. Vrywilligers, onder leiding van Narayana Podhili, verskaf elke Sondag gratis maaltye vir tienduisende. Die span begin reeds 03:30 in die oggend met die voorbereidings. Podhili is sonder enige chirurgie van kanker genees. Sy het die Here belowe dat sy Hom sou dien as Hy haar van ’n kankergewas genees. Om haar dankbaarheid te betoon, dien sy Hom deur maandeliks meer as 200 000 mense iets te ete aan te bied.

Hulle bedryf ook ‘n hospitaal wat gratis mediese sorg en bekostigbare medisyne aan minderbevoorregtes bied.

Gebed is ’n integrale deel van die kerk se groei. Die kerk hou gereelde gebedsessies en een keer per maand hou die kerk ’n “nag van gebed” waartydens 25 000 tot 30 000 individue die hele nag deur vir herlewing bid.

Te midde van hierdie groei word Christene in Indië egter toenemende deur vervolging in die gesig gestaar, hoofsaaklik van Hindoe-ekstremiste wat Christene van gedwonge bekerings beskuldig.

Calvary Temple se verhaal toon merkwaardige groei en toewyding tot diensbaarheid te midde van teëspoed, wat geloof en deernis in aksie beliggaam te midde van ’n uitdagende landskap vir Christene in Indië.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 06/03/2023
Foto: wikimedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here