Geskryf deur: International Christian Concern
Artikelbron: www.persecution.org
In ‘n seldsame geval van beskerming van Christen-bekeerlinge in plaas daarvan om hulle te vervolg, het ‘n Indiese hof onlangs beslis dat ware godsdiensvryheid gewaarborg word deur die land se grondwet.
Verlede jaar het twee gesinne hulle van Boeddhisme tot die Christendom bekeer, wat gelei het tot ‘n sosiale boikot en daaropvolgende finansiële ontbering. Stamleiers het dit as gedwonge bekering beskou aan die hand van sendelinge en het toe ’n mandaat uitgereik wat ander in die gemeenskap verbied om die bekeerlinge in diens te neem, by te staan of andersins met die bekeerlinge om te gaan totdat hulle hul nuwe godsdiens verwerp en na Boeddhisme teruggekeer het. Enigiemand wat hulle gehuur het, is met boetes gedreig.
Die gesinne het by die hof om hulp gaan aanklop nadat hulle meer as ses maande lank onder hierdie sensuur moes ekskommunikasie ly. Hulle het versoek dat die land se wette gehandhaaf moet word en dat ongrondwetlike mandate, wat hulle verhoed om met hulle lewens voor te gaan en vir hul gesinne te kan voorsien, verwyder moet word.
Ná drie maande het die hof ’n onverwagse uitspraak gelewer. Die stam is berispe vir hoe hulle die twee gesinne behandel het en is met boetes en selfs arrestasie gedreig as enigiemand voortgaan om die gesinne te teiken vir hulle godsdiens.
Christen-gemeenskappe het hierdie hofuitspraak as ’n oorwinning vir Christene in Indië beskou. Die hofbeslissing kom juis in ’n tyd waar vervolging deur Hindoe-nasionaliste hoogty vier. Kerke hoop dat howe hierdie uitspraak as ‘n voorbeeld sal gebruik in die toekoms en dat godsdiensvryheid wat in die land se grondwet verskans is, vir alle godsdiensgroepe gehandhaaf sal word.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 24/11/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk van www.pixabay.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.