Geskryf deur:
Artikelbron: omroepwest.nl
’n 71-jarige Christen-vlugteling uit Irak is ernstig op ’n trem in Den Haag aangerand omdat hy ’n Christen is, berig Team West, ʼn opsporingsprogram van Omroep West.
Die man het gesê hy is verskeie kere hard in die gesig geslaan omdat hy ’n kruisie om sy nek gedra het. Sy kakebeen en oogkas is in die aanval gebreek. Die polisie soek steeds na die twee verdagtes van dié ernstige aanranding.
Die Irakse man woon reeds meer as 26 jaar lank in Nederland nadat hy weens sy geloof uit Irak moes vlug. Hy het die betrokke Saterdag op ’n trem ’n gesprek aangeknoop met twee Arabiese jong mans wat ’n Siriese aksent gehad het.
Toe die jong mans die kruisie om sy nek sien het ’n gesprek gevolg oor sy Christelike geloof. Volgens die slagoffer het hulle hul sterk afkeer van sy godsdiens duidelik gemaak en hom gedreig. Na ’n rukkie het dit gelyk of sake afkoel terwyl die jong mans gereed gemaak het af te klim.
Terwyl hulle afklim, het die jongmanne hom weer gedreig en toe van plan verander en weer teruggeklim op die trem. Daarna het hulle die gesprek voortgesit en in ’n stadium het een van die jong mans die 71-jarige Christen hard gestamp, waarna die ander een hom twee vuishoue in die gesig gegee het en hy sy bewussyn verloor het. Die twee oortreders het hulle toe uit die voete gemaak. Die slagoffer is deur omstanders gehelp en is hospitaal toe.
Hy moes ’n operasie ondergaan en het waarskynlik permanente skade opgedoen, insluitend verswakte visie. Die verdagtes is steeds op vrye voet.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 24/11/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.