Geskryf deur: Michael Swain | FOR SA Artikelbron: Artikel verskaf

Ek skryf om jou aan te moedig om kommentaar te lewer op die Huwelikswetsontwerp, dit is nou oop vir openbare kommentaar. Die sperdatum is 31 Augustus 2023

Kyk gerus na hierdie video om meer te wete te kom oor die punte wat FOR SA bekommer

Hoewel FOR SA oor die algemeen bly is dat die wetsontwerp die Huweliksbeleid weerspieël, het ons drie primêre bekommernisse oor die huidige konsep. Ons vra dus dat jy ons standpunt ondersteun deur ’n voorlegging voor Donderdag, 31 Augustus, te doen.

Jy kan dit doen deur ’n pro-forma voorlegging wat op die FOR SA website is, af te laai en dit na die adres te e-pos wat verskaf word of direk via die DearSA-webblad doen.

Die drie punte

FOR SA versoek dat die volgende veranderinge aangebring word om te verseker dat die reg op godsdiensvryheid behoorlik gehandhaaf en beskerm word:

  1. Die insluiting van ’n klousule wat godsdienstige huweliksbeamptes se grondwetlike reg op godsdiensvryheid en die godsdienstige organisasies aan wie hulle behoort uitdruklik beskerm. Dit sal verseker dat die wetsontwerp aan beide die Grondwet en internasionale reg voldoen.
  2. Die insluiting van ’n klousule wat uitdruklik bepaal dat burgerlike huweliksbeamptes nie enige seremoniële (d.w.s. godsdienstige) funksies sal verrig wat algemeen met die voltrekking van ’n huwelik geassosieer word nie.
  3. Die insluiting van ’n klousule om te verhoed dat die wetsontwerp onopsetlik godsdiensleiers kriminaliseer wat slegs die godsdienstige seremonie voltrek nie.

Dankie vir jou deelname en dat jy jou stem dik maak in die stryd vir geloof en vryheid!

Kyk hier na ’n onderhoud oor die Huwelikswetsontwerp

Klik hier vir individuale Voorlegging

Klik hier vir organisasie se voorlegging

Klik hier om jou sê te sê oor die Huwelikwetsonwerp op DearSA

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 19/08/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here