Geskryf deur: Geopende Deure SA
Artikelbron: JUIG! Tydskrif

In Bangladesj, ’n Asiatiese land met slegs 0,6% Christene, word kinders dikwels vir hul geloof vervolg. Hulle kry by die skool en in hul gemeenskap swaar as gevolg van afknouery, diskriminasie en geweld omdat hulle en hulle ouers Jesus volg. Moryom, ’n negejarige meisie van Bangladesj, ervaar daaglikse afknouery weens haar geloof. Alhoewel haar storie hartverskeurend is, is die vingerafdrukke van die Heilige Gees oral daarop sigbaar. Dit is duidelik dat God in haar en haar gesin aan die werk is…

Geloof oorwin moeilike omstandighede
Moryom woon saam met haar ouers en broer in ’n klein dorpie in die noordweste van Bangladesj. Haar familie het ’n klein stukkie grond langs ’n rysland aan die een kant en ’n stroompie aan die ander kant. Hulle huis en die aangrensende kerkgebou is van dun sinkplate gebou. Haar pa is die pastoor van die kerk op hul eiendom en dien as ’n evangelis in hul dorp en streek, waar die meerderheid van die bevolking Moslems is. Haar ma gee Sondagskool en lei ’n geletterdheidsklas vir volwassenes. Albei is bekeerlinge vanaf Islam, wat dikwels wrede vervolging in hierdie deel van Bangladesj beteken.

Moryom lees haar Bybel

Mishandeling en teistering
Moryom het van kleins af verwerping en teistering ervaar weens haar ouers se besluit om God te dien. Sy is geslaan, gespot, verwerp en geteister – alles omdat sy en haar gesin saam met Jesus wandel. “Die dorpenaars hou nie van ons nie, want ons is Christene,” verduidelik sy. By die skool is sy dikwels alleen. “Die meeste van die mense in my skool behandel my sleg,” sê sy. “Soms slaan hulle my met stokke, gooi bakstene na my en noem my ‘Christen’ as ’n belediging. My klasmaats wil nie met my speel nie, en die onderwysers kyk anderpad wanneer die kinders my boelie.”

Van ’n dak afgestoot
Op ’n dag het ’n meisie by die skool vir Moryom gevra of sy saam met haar op die dak wou speel. “Ek was bly om geselskap te hê, want min kinders wil saam met my speel. Ons het by die trappe opgeklim en begin rondhardloop. Ek het naby die rand van die dak gesit toe ek skielik die ander meisie hoor sê: ‘Jy is ’n Christen!’ Ek het ’n harde stamp van agter gevoel. Toe ek op die grond land, het ek besef dat die meisie my van die dak afgestoot het. Ek het baie seergekry en skrape oor my hele liggaam gehad.”

Vergifnis en gebede
Dit maak nie saak wat mense sê en doen om haar seer te maak nie, Moryom neem alles na God in gebed en kies om hulle te vergewe. “Ek kies om hulle te vergewe omdat ek ‘n Christen is en Jesus vir my sondes aan die kruis gesterf het. Ek vergewe diegene wat my mishandel, beledig, haat of nie liefhet nie, en ek bid vir hulle. Ek weier om toe te laat dat die vyandigheid my ontmoedig om Jesus te volg.”

Noodsaaklike ondersteuning
Geopende Deure help kinders soos Moryom, wat te midde van vervolging geïsoleerde lewens lei, met behulp van plaaslike vennote in Bangladesj. Danksy jou ondersteuning het dié kinders hulle eie Bybels ontvang, en kan hulle hul eie Sondagskool hê, waar saadjies van geloof in hulle lewens gesaai word.

Jou geskenk kan vandag bemoediging en ondersteuning bied aan kinders soos Moryom. Besoek opendoors.org.za om hulle te help om sterk te staan te midde van vervolging.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 30/11/2024
Foto’s verskaf: Moryom saam met haar pa, ma en broer.

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here