Geskryf deur: JNS 
Artikelbron: unitedwithisrael.org 

Hongarye sal die eerste lidstaat van die Europese Unie (EU) word om ’n ambassade in Jerusalem te open, het die Israelse minister van buitelandse sake, Eli Cohen, onlangs in Boedapest aangekondig.

Cohen het in ’n sinagoge wat met die Chabad-beweging geaffilieer is, gesê dat Hongarye die stap “oor ’n aantal weke” amptelik sal aankondig en het bygevoeg dat dit “goeie nuus is vir Jerusalem, wat meer as 3 000 jaar die hoofstad van die Joodse volk is.”

Die sentraal-Europese land het sedert 2019 ’n handelskantoor in Jerusalem.

’n Ambassadeskuif sal Boedapest in opposisie plaas teen die amptelike standpunt van die EU, wat Jerusalem nie amptelik as Israel se hoofstad erken nie.

Paraguay is ook gereed om sy ambassade na Jerusalem terug te verskuif na die verkiesing van president Santiago Peña, wat Israelse premier Benjamin Netanyahu in ’n telefoonoproep gelukgewens het. Netanyahu het pres. Peña geprys vir sy verklaarde voorneme om die Paraguayaanse ambassade na Jerusalem terug te verskuif onmiddellik ná sy inhuldiging in Augustus.

Amerika, Guatemala, Kosovo en Honduras bedryf tans ambassades in Jerusalem.

Cohen het ook onlangs in Bratislava die eerste Israelse minister van buitelandse sake geword wat die Slavkov/Austerlitz-formaat toegespreek het – ’n streeksamewerkingsforum wat uit Oostenryk, Slowakye en die Tsjeggiese Republiek bestaan. Hy het ’n beroep gedoen op eenheid in die stryd teen Iran en waarsku dat die land se kernprogram “naby die punt is waar daar nie meer omgekeer kan word nie”.

Cohen het sy Sentraal-Europese reis in Kroasië afgeskop en in Zagreb met premier Andrej Plenković en ander topamptenare vergader.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

Datum gepubliseer: 26/06/2023
Foto: Israelse minister van buitelandse sake, Eli Cohen, links, saam met die Hongaarse minister van buitelandse sake, Péter Szijjárto in Boedapest op 31 Mei 2023. Bron: Eli Cohen via Twitter

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here