Artikelbron: opendoorsuk.org 

Die regering van die Indiese deelstaat, Karnataka, het ’n omstrede wet teen bekering teruggetrek. Christelike groepe het heftig protes aangeteken teen die wet wat verlede September onder die voormalige Hindoe-BJP-regering goedgekeur is.

Die sogenaamde Wet op die Reg op Godsdiensvryheid het die omskakeling van een godsdiens na ’n ander verbied as daar wanvoorstelling van sake was, of as geweld, bedrog, omkopery of ’n huwelik betrokke was. Oortreders kon drie tot vyf jaar tronkstraf of ’n boete van 25 000 roepees (278 euro) opgelê word.

In die praktyk het ekstremiste dikwels die wet gebruik om Christene aan te val en kerke te vernietig. In Karnataka (60 miljoen inwoners) het dit gelei tot ’n atmosfeer van vrees en onsekerheid.

In die onlangse parlementêre verkiesings in Mei in die suidelike deelstaat het die BJP teen die sekulêre Kongresparty verloor. In Desember het die BJP ook mag verloor in die klein staat, Himachal Pradesh. Alhoewel dit nederlae vir premier Modi se nasionale regering is, sê waarnemers dit is nog te vroeg om te spekuleer oor ’n BJP-nederlaag in die nasionale verkiesing van 2024.

Indiese Christene sal ’n sug van verligting slaak wanneer die wet op 5 Julie in die nuwe parlement hersien word. ’n Plaaslike vennoot van Geopende Deure, Peter*, het gesê dat “terugtrekking van die wet tot ’n mate ’n verligting is, maar dit los nie die fanatisme op waarmee jongmense in Karnataka geïndoktrineer is nie.”

Indië is elfde op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys. Wette teen bekering is in 11 state deur die Hindoe-regering ingestel, onder druk van radikale studente en Hindoe-nasionalistiese groepe. Daar woon na skatting 67 miljoen Christene in Indië, ‘n land met 1,4 miljard mense.

*Skuilnaam

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 26/06/2023
Foto: opendoorsuk.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here