Artikelbron: worthynews.com
Duisende Christene het onlangs in die Libanese hoofstad Beiroet bymekaargekom om die Here Jesus te loof. Volgens die organiseerders was hierdie geleentheid “’n baken van hoop en vreugde” vir die hele Midde-Ooste.
Die ekumenies-musikale geleentheid, genaamd ‘Beiroet 2024’, het Christene uit verskillende Christelike geloofstradisies bymekaargebring.
Die geleentheid, wat op 20 Januarie gehou is, was deel van die jaarlikse Week van Gebed vir Christelike Eenheid. Daar was na skatting ongeveer 10 000 mense in Beiroet teenwoordig. Die doel van die Beiroet 2024-geleentheid was “om die Here Jesus te verheerlik deur die manifestasie van die Heilige Gees en aanbidding.”
In die lig van toenemende spanning in die Midde-Ooste, het organiseerders doelbewus gekies om die unieke gebeds- en aanbiddingsbyeenkoms te hou om “verskillende kerke in lofprysing te verenig en sodoende eenheid te bevorder”. “
Dit was ’n geleentheid om te bid vir vrede in Libanon en vir die bekering van die Libanese mense. Beiroet 2024 is ’n oomblik van hemelse genade, hoop en vreugde,” het die organiseerders gesê.
Kyk hier na ’n video van die samesang
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 15/02/2024
Foto: Skermskoot YouTube
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.
Pragtig. Die mooi (christelike) sal altyd die lelike (heidense, sondige) oorwin…God is goed/God is good.