Artikelbron: CBN News
Christen-skole onder kerkbestuur word in die Indiese deelstaat Assam gedwing om hulle Christelike simbole te verwyder, berig CBN News. Die fanatiese Hindoe-groep Kutumba Surakshya Parishad verklaar dat dit “bekommerd” is dat die skole deur Christene gebruik word om Hindoes te bekeer.
Satya Ranjan Borah, die president van die betrokke Hindoe-groep, is glo bekommerd dat Christene die skole gebruik om te evangeliseer. “Christelike sendelinge verander skole en opvoedkundige instellings in godsdiensinstellings,” het Borah verlede week tydens ’n perskonferensie gesê. “Ons sal dit nie toelaat nie.”
Volgens plaaslike mediaberigte eis die Hindoe-groep dat skole alle simbole wat na die Christelike geloof verwys binne 15 dae verwyder. Priesters en nonne wat by van die skole werksaam is, sal ook nie meer godsdienstige klerasie of simbole mag dra nie.
Indië is elfde op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys. Die land word beskryf as “uiters gevaarlik” wanneer dit kom by vlakke van Christelike vervolging.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 15/02/2024
Foto ter illustrasie: unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.