Artikelbron: JUIG! Nuus 

Radio Kaapse Kansel in samewerking met Juig! Tydskrif en Helpende Hand, bied op die 9de Maart die bekende Ester-konferensie in Kaapstad aan.

Ds. Elza Meyer, die stigter van die Ester-konferensies en Turn2God-bedieninge sal die spreker wees. Die fokus van die dag sal wees: Dink soos Jesus, praat soos Jesus, maak soos Jesus.

“Moenie alleen kom nie, bring jou ma of jou suster of ’n vriendin saam, want ’n Ester-konferensie is bedoel vir saam lag, saam huil, saam kies, saam ontdek, saam opstaan en saam uitgaan,” sê Elza. “Dit gaan ’n besonderse geleentheid wees, want ons gaan ontdek wat dit beteken toe God gesê het dat Hy ons na sy beeld en na sy gelykenis gemaak het.”

Dames kan ’n geleentheid verwag waar siel, gees en liggaam gevoed sal word. Buiten die uitstekende geestelike lering en bediening wat daarop sal volg vir dié wat behoefte het daaraan, sal daar ook wonderlike aanbidding wees saam met Almarie du Preez en Ryno Turketti. Elke dame sal ’n verversing kan geniet met haar aankoms by die Friend of God-venue in Goodwood. Die kaartjie sluit ook ’n heerlike middagete in. Daar sal ook boektafels en ander uitgesoekte uitstallers wees.

Bespreek nou jou kaartjie op Quicket.co.za en volg die skakel: qkt.io/TiShBO

Pensionarisse: R300
Enkelkaartjies: R400
Groepe van 10 teen R350 per kaartjie
Helpende Hand lede: R350 (Tik in kode: HH2024)

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 15/02/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here