Geskryf deur: CfaN SA Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Christ for all Nations (CfaN) het pas ’n belangrike veldtog voltooi wat massa-evangelisasie-geskiedenis gemaak het. Vir die eerste keer ooit het Christ for all Nations 11 massa-evangelisasieveldtogte gelyktydig in 11 verskil-lende stede en distrikte in Zambië gehou! Hierdie veldtogte is vyf agtereenvolgende nagte lank in elke stad gehou en het gesorg vir ’n totaal van 55 nagte van massiewe evangelisasie-byeenkomste binne net twee weke. Dit is 55 kragtige byeenkomste in 14 wonderlike dae. Meer as 2,6 miljoen mense het tydens die inisiatief byeenkomste bygewoon en 1 040 720 gedokumenteerde bekerings is aangeteken. Die inisiatief het ook ’n “Gospel Invasion” ingesluit, waartydens evangeliste wat deur CfaN opgelei is, in die strate en skole bedien het.
Harte aan die brand vir Jesus
Elkeen van die 11 stede het elk ’n hele klompie evangeliste gehad wat die meeste van die byeenkomste behartig het. Hierdie evangeliste is gegradueerdes van CfaN se Evangelism Bootcamp. Daniel Kolenda het elke dag na ’n nuwe stad gereis en een aand daar gepreek. CfaN het alles ingespan (kerkmobilisering, drukwerk, advertensies, vervoer, tegniese ondersteuning, ens.) tot voordeel van al 11 stede wat hom in staat gestel het om 11 veldtogte vir byna dieselfde hoeveelheid geld en tyd aan te bied as wat hy sou gebruik het vir net een massaveldtog!
Die krag van eenheid
Daniel Kolenda het sy innige dank uitgespreek vir die vennote wat finansieel gesaai het en die merkwaardige span wat jare lank gewerk het om hierdie geskiedkundige gelyktydige veldtogte moontlik te maak. Honderde CfaN-spanlede en Bootcamp-gegradueerdes en meer as 97 000 Zambiese vrywilligers het skouer aan skouer gewerk om die geleentheid moontlik te maak – ’n ware bewys van die krag van eenheid.
Verkondig die Evangelie in Afrika
Hierdie mees onlangse inisiatief is ’n voorbeeld van CfaN se verbintenis om die Evangelie in Afrika te verkondig en arbeiders te vermenigvuldig vir die wêreldwye oes. Deur ’n nuwe generasie evangeliste toe te rus deur inisiatiewe soos die CfaN Evangelism Bootcamp en School of Evangelism, werk Christ for all Nations om te verseker dat die transformerende boodskap van Jesus Christus elke nasie van die wêreld bereik.
Daaglikse verslae van Daniel Kolenda
Gebruik hierdie QR-kode om Daniel Kolenda se daaglikse verslae uit Zambië te sien, asook talle wonderlike getuienisse. As jy geroep is om ’n evangelis te wees, doen nou aansoek vir die September School of Evangelism in Johannesburg by cfan.org/soeza!
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 16/06/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.