Geskryf deur: Luca Uitgewers
Artikelbron: Artikel verskaf
As jy van aangesig tot aangesig met God kon kom, wat dink jy sou Hy vir jou sê? Dink jy dat die boodskap wat Hy met jou wil deel soortgelyk is aan wat jy nog heeltyd vir jouself gesê het of sou dit drasties verskil?
God kommunikeer met ons. Hy spreek tot ons harte deur sy Gees terwyl Hy vertroos, oortuig en wysheid gee. En Hy het ons sy Woord, die Bybel, gegee. Vandag het ons beter toegang tot God se Woord as enige generasie voor ons. Maar vir baie van ons kan dit heeltemal te maklik wees om hierdie toegang as vanselfsprekend te aanvaar.
Ons is so gewoond daaraan dat ons die Woord kan lees en bestudeer wanneer ons wil, dat ons die waarde van God se Woord so na aan ons gering kan skat. As ons die Woord van God se krag en waarde vergeet, sal ons in onkunde volhard, geleidelik die wêreld se stemme as die waarheid aanvaar, en die duiwel ’n vastrapplek gee in ons gedagtes.
Lukas 4 vertel ons dat die Heilige Gees Jesus na die woestyn gelei het waar die duiwel Jesus herhaaldelik versoek het. Hy het probeer om Jesus aan hom te onderwerp. Hy het Jesus probeer oorreed om ’n wêreldse geaardheid aan te neem. Jesus het hom weerstaan en Hy het die maniere waarop die duiwel die waarheid verdraai en verkeerdelik voorgestel het, blootgelê deur die Woord van God aan te haal.
Jesus het die leuens van die duiwel teëgestaan deur dit te verwerp en God se Woord aan te kleef en te spreek. Baie van ons het die slegte gewoonte om onsself te veroordeel, om ons terugslae in ’n katastrofe te omskep en om vir onsself leuens te vertel. Klink enige hiervan bekend? Is jy geneig om dit aan jouself te doen? Miskien doen jy dit sonder om dit eens agter te kom.
Rig jou gedagtes hierop is ’n uitdaging om vir een-en-dertig dae met jouself te praat soos wat die Here met jou praat. Leer om jouself deur God se oë te sien deur vir een-en-dertig dae jou hart en siel te voed met Bybelse boodskappe vir geestelike bemoediging en onderskraging.
Ons harte en gedagtes ontvang daagliks ’n ontelbare hoeveelheid boodskappe. Sommige hiervan is waar en help ons, maar ander maak seer, verwoes of is nie in lyn met die boodskappe wat God vir ons in sy innige liefde en wysheid wil gee nie.
Watter boodskappe kies jy om te glo en aan jouself te herhaal? Hoe klink jou interne gesprek wanneer jy na jou spieëlbeeld staar? Spreek jou woorde van hoop en geloof, of van nederlaag en moedeloosheid?
Watter verskil glo jy sal dit maak as jy vir die volgende een-en-dertig dae sou kies om te fokus op wat die Here vir jou wil sê en wat Hy reeds vir jou in sy Woord vertel het?
Laat Rig jou gedagtes hierop die eerste stap in die opwindende reis wees na nuwe insigte. Ontdek die krag van self-aanvaarding en daaglikse geestelike vernuwing wat voortvloei vanuit die persoonlike boodskappe vir jou uit die Woord van God.
Oor die skrywer
John Stange het grade in Bybelkunde, opvoeding, en berading, en is ’n spreker, leier en afrigter by die John Maxwell-span. Hy is hoofpastoor by die Core Creek-gemeenskapskerk in Langhorne, VSA, en ’n ereprofessor by Cairn-universiteit. John dien ook as direkteur van die National Mission Board, ’n bediening wat op kerkplanting en algemene kerkgesondheid fokus. Sy bediening is DesireJesus.com.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 21/04/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.