Artikelbron: www.charlesstanley.com

Charles Frazier Stanley, een van Amerika se gewilde televisiepredikante, outeur en stigter van In Touch Ministries is op 90-jarige ouderdom oorlede. Hy was in die verlede aktief as voorsitter van die Southern Baptis Convention.

‘Dr. Stanley het ’n getroue lewe van gehoorsaamheid gelei, toegewy daaraan om ander te leer hoe om ’n intieme verhouding met Jesus Christus te hê. Nou ontvang hy die vreugde van sy siel – hy sien sy Verlosser van aangesig tot aangesig,” lui In Touch Ministries se verklaring op Instagram.

Dr. Stanley is in 1932 in Virginia gebore in 1932 en het ’n roeping gehad om die bediening te betree ná die verlies van sy vader op ’n jong ouderdom. Hy het in 1969 by die First Baptist Church in Atlanta, Georgia aangesluit en was senior pastoor tot sy aftrede in September 2020.

In 1972 het dr. Stanley ’n plaaslike televisieprogram in Atlanta begin, The Chapel Hour, wat later In Touch with Dr. Charles Stanley geword het.

Ek het een doelwit: om die waarheid van die Evangelie so vinnig as moontlik, so eenvoudig as moontlik aan soveel mense as moontlik te bring in die krag van die Heilige Gees en tot eer van God,” het dr. Stanley gesê.

Hy het ook verskeie Christelike boeke geskryf, onder meer: A Man’s Touch, Handle With Prayer, Into His Presence, Waiting on God: Strength for Today and Hope for Tomorrow, Prayer: The Ultimate Conversation, en When the Enemy Strikes: The Keys to Winning Your Spiritual Battles.

Vir ’n volledige huldeblyk en inligting oor hierdie getroue volgeling van Jesus, klik hier joynews.co.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 20/04/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here