Artikelbron: cne.news 

Vandag, 18 Mei 2023, is Hemelvaartdag en oor ’n bietjie meer as ’n week sal Pinksterdag gevier word. In sommige lande is hierdie dae Christelike vakansiedae. Dit was altyd die geval in Suid-Afrika tot 1994, maar nou nie meer nie. In Europa het sake oor met verloop van jare verander.

Volgens ʼn berig van cne.news word Hemelvaartdag slegs nog as ’n amptelike vakansiedag in Nederland en die meeste lande rondom Nederland gevier. “Benewens inwoners van die Benelux-lande, het inwoners van Frankryk, Duitsland, Oostenryk, Liechtenstein, Denemarke, Noorweë en Ysland, en dele van Switserland ook die dag af” om Christus se opvaring na die Hemel te gedenk.

In die ander Europese lande is dit, soos hier, nie ‘n amptelike vakansiedag nie, maar in kerke word daar soms op ’n ander dag aandag aan die Hemelvaart gegee. Die Rooms-Katolieke kerke in Italië doen dit byvoorbeeld op die Sondag voor Pinkster. Dit is ook die geval in Hongarye, Pole en Spanje.

Op Hemelvaartdag herdenk Christene die hemelvaart van Christus, soos beskryf in onder andere Handelinge 1:4-14. Met Pinkster herdenk Christene die uitstorting van die Heilige Gees in Jerusalem, soos beskryf in Handelinge 2, en die werking van die Gees daarna en daarna onder die heidene.

Hoe word die datum van Hemelvaart bepaal?

Volgens die artikel van cne.news het “die Westerse Kerk lank gelede besluit dat Paasfees op die eerste Sondag ná die eerste volmaan in die lente sou val. Hemelvaart is veertig dae ná Paasfees, want Handelinge 1:3 sê dat die Here Jesus tekens gedoen het en “veertig dae lank” gesien is.”

Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat.”

“Pinkster volg dan volgens Levitikus 23:15-21, vyftig dae ná Paasfees. Die eerste volmaan van die lente bepaal dus die kerklike kalender.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 18/05/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here