God se hart vir die gesin is duidelik te sien in hierdie voorneme van Hom: “… Ek sal vir hulle ’n Vader wees, en julle sal vir my seuns en dogters wees.” – 2 Korintiërs 6:18

As ons die Bybel deel maak van ons daaglikse gesinslewe, sal ons kinders die Woord ook as noodsaaklik beskou en Hom dien.

Maar hoe dien ’n hedendaagse gesin vir God? Watter maniere is daar om gesinstyd met God opwindend te maak? Hoe inisieer ’n enkelouer dit? Of hoe motiveer jy dit wanneer jou huweliksmaat nie daarvoor te vinde is nie? Hoe doen jy dit wanneer jy tieners én kleuters in die huis het? En hoe doen jy dit sodat hulle dit wéér wil doen uit eie vrye wil?

Met Gesinstyd met God wil Louise Viljoen gesinne toerus om God binne gesinsverband te dien. Sy gesels oor die uitdagings wat gesinne ondervind, soos bv. die gebrek aan Bybelkennis en tyd asook die druk onder portuurgroepe. Sy gee praktiese wenke oor hoe om gesinstyd met God spesiaal te maak en stel opwindende aktiwiteite voor vir die hele gesin. Daarna volg 52 oordenkings wat gesinne weekliks kan deurwerk. Geniet die heerlike reis om as gesin by Hom in te trek. Kom ons laat gesinstyd met God herleef.

WAT MAAK HIERDIE BOEK ANDERS?
· Gesinstyd met God is ’n praktiese gids om gesinne te help om God binne gesinsverband te dien, met praktiese wenke en opwindende voorstelle vir gesinsaktiwiteite.

· Die boek is propvol bruikbare voorstelle vir gesinne wat op soek is na inspirasie en wenke oor hoe om saam geestelik te groei.

· Dit bevat 52 weeklikse oordenkings wat Bybelse karaktertrekke, oftewel Christelike waardes en norme, voorhou om struktuur aan gesinsbediening te gee.

· Daar is 52 aktiwiteitsbladsye met plek vir foto’s, tekeninge en getuienisse wat gesinslede kan gebruik om hul geestelike reis deur die jaar te dokumenteer.

· Daar is ook bydraes deur gelowige kenners, o.a. ’n kognitiewe gedragsterapeut en berader, ’n kindersielkundige, ’n spelterapeut, ’n onderwyser en ook ’n enkelouer.

Ouers voel dikwels nie opgewasse om geestelike leiding aan hulle kinders te gee nie. Gesinstyd met God is die ideale antwoord vir gesinne wat praktiese wenke nodig het om gesinstyd met die Here spesiaal te maak.

DIE SKRYWER
Louise Viljoen is ’n skrywer, resensent en tekspraktisyn. Sy werk vryskut vir uitgewers en privaat kliënte. Dis haar droom om voltyds geestelike boeke te skryf.

Bestel die boek (hard kopie of e-boek) by lapa.co.za/gesinstyd-met-god-eboek

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 16/07/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here