Artikelbron: cvandaag.nl
In die Amerikaanse deelstaat Iowa word aborsie ná ’n tydperk van ses weke verbied, berig CBN News. Die staat het verlede week ’n wet aangeneem wat goewerneur Kim Reynolds volgende Vrydag sal onderteken. Tot nou toe kon vroue in Iowa ’n aborsie ondergaan tot op 20 weke van hul swangerskap.
Ná ’n debat van meer as veertien uur is daar gestem oor die voorstel om ’n aborsie net tot voor die sesde week van swangerskap toe te laat. Op die ou end is die wetsontwerp aanvaar. Dit beteken dat die aantal aborsies drasties sal daal.
Die wetsontwerp is grootliks deur Republikeine ondersteun. Die aanvaarde wet, ook bekend as “hartklop”, is hoofsaaklik gegrond op die feit dat ’n baba se hart op ses weke begin klop.
Republikeinse staatsverteenwoordiger Shannon Lundgren het gesê dat “hierdie wetsontwerp ongebore kinders in Iowa beskerm … Hierdie wetsontwerp stel ’n duidelike standaard waar die staat ’n belang in die lewe van die kind het wanneer die baba se hart begin klop. Waar daar ‘n hartklop is, is daar lewe.”
In die lig van die Amerikaanse hooggeregshof wat onlangs die Roe v. Wade-saak omvergewerp het, wou goewerneur Reynolds die wetsontwerp laat herleef om die lewens van die ongeborenes te beskerm.
“Dit is nou die tyd om op te staan en die stryd voort te sit om die ongeborenes te beskerm,” het Reynolds in ’n verklaring gesê. “Die hooggeregshofbeslissing bevestig weer dat state die reg het om die onskuldige en weerlose ongeborenes te beskerm. Dit is nou die tyd vir ons staat om dit te doen. As goewerneur sal ek alles doen wat ek kan om die belangrikste vryheid wat daar is te beskerm – om die reg op lewe te verdedig.”
Die wetsontwerp beperk aborsie ná ses weke, sodra die baba se hartklop opgespoor kan word, maar het uitsonderings vir verkragting, bloedskande en wanneer die ma se lewe in gevaar is. Tans is aborsie wettig in Iowa tot op 20 weke van swangerskap. Die “Hartklopwet” sal onmiddellik in werking tree wanneer die goewerneur dit onderteken.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 17/07/2023
Foto: unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.