Geskryf deur: Estelle Blofield
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Ek wil graag my getuienis deel van die Here se wonderbaarlike genesing in my lewe. In Junie 2001 is ek met MS (veelvuldige sklerose) gediagnoseer.
Ná baie toetse en MRI-skanderings het dr. Bierman, wat op daardie tydstip die neuroloog was, en ook die leier was van die wêreldwye MS-organisasie, my en my man meegedeel dat die MS progressief is. Hy het onder andere gesê dat my man hom moet voorberei, want binne drie maande sou ek in ’n rolstoel wees, en binne ses maande sou hy my begrawe.
Ek is toe begin behandel met interferon beta, inspuitings wat die proses kan vertraag, maar nie genees nie – MS is ’n ongeneeslike siekte. Ek moes drie keer per week die inspuitings kry. Die newe-effekte wat ek na 18 maande se inspuitings ervaar het was erg.
Die inspuitings is toe gestaak. Ons het gebid en vertrou en ek het ander MS-lyers bygestaan en gehelp waar ek kon. Om ’n lang storie en proses kort te stel: vandag, na 24 jaar, lewe ek nog en is ek gesond!
Alle eer aan ons Hemelse Vader wat my van ’n gevreesde siekte genees het.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 10/02/2025
Foto slegs ter illustrasie
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.