Artikelbron: facebook.com
Die bekende gospelsanger Oscar Ehrensperger is op die ouderdom van 75 jaar huis toe, na die Here. Hy het aan ’n aggressiewe kanker gely en is op 13 April 2023 oorlede.
Oscar se missie was om Christene te bemoedig en ander mense vir Jesus Christus te wen. Oscar is op die 28 Oktober in Wynberg, Wes-Kaap, Suid-Afrika gebore. Hy het in 1965 aan die Hoërskool Newcastle, Natal, gematrikuleer.
Hy is getroud met Erica en die egpaar het twee dogters, Isabella en Ilsé. Die gesin woon sedert 2003 in Mosselbaai.
Nadat hy agt jaar lank in diens van die departement van justisie was as ’n klerk van die hof, staatsaanklaer en assistentlanddros, het Oscar voltyds aan die Universiteit van Natal, Pietermaritzburg, gestudeer, waar hy die grade BA en LL.B. in 1976 en 1978 verwerf het.
Foto: Facebook
Oscar het daarna tien jaar lank in Pietermaritzburg as prokureur in sy eie private praktyk gepraktiseer tot 1990, toe hy ’n voltydse Evangeliese sangloopbaan betree het.
Johann Els van 729 Kaapse Kansel het die volgende huldeblyk op Facebook geplaas
Besoek gerus oscarmusic.co.za om van sy musiek af te laai of te bestel.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 17/04/2023
Foto: oscarmusic.co.za
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.