Artikelbron: cvandaag.nl

’n Forensies ondersoek na Hillsong Kerk se finansies deur die ouditeursfirma Grant Thornton ondersteun nie die beskuldigings dat die netwerk van megakerke in Australië of sy personeel hulle skuldig gemaak het aan “onwettige gedrag” nie.

Die firma beskou die beskuldigings van geldverduistering as ‘n “misverstand” wat binne ‘n “kerklike konteks” bespreek moet word. In ‘n vertroulike brief aan Hillsong Kerk op 30 Maart, wat anoniem gedeel is met, The Christian Post, sê Prolegis Lawyers dat die ondersoek deur Grant Thornton “geen ondersteuning bied vir beskuldigings van onwettige optrede deur entiteite wat die naam Hillsong of sy personeel gebruik nie”.
Prolegis Lawyers is ‘n gespesialiseerde regspraktyk wat regsdiens bied aan liefdadigheidsorganisasies en organisasies sonder winsbejag.

‘n Regsaak wat in Augustus 2022 in Australië deur ’n Hillsong-medewerker, Natalie Moses, aanhangig gemaak is met betrekking tot die Wet op Eerlike Werk beweer dat Hillsong skenkings verduister het en “groot skenkings” aan stigter Brian Houston, sy familie en ander kerkleiers gemaak het.

‘n Fluitjieblaserverslag is in Oktober 2022 voltooi en vir die eerste keer openbaar gemaak op 9 Maart deur die Australiese parlementslid Andrew Wilkie. Volgens die verslag was Houston en ander leiers, insluitend die nuut aangestelde globale senior pastoor, Phil Dooley, betrokke by die geldwassery en belastingontduiking.
“Grant Thornton het onlangs ‘n opsommende verslag van hulle ondersoek in hierdie verband verskaf. Die feite wat in die opsommende verslag vasgestel is, ondersteun nie die bewerings van onwettige gedrag deur entiteite wat die naam Hillsong of sy personeel gebruik nie,” het Prolegis Laywers aan die kerk gesê in die brief. Die regspraktyk het ook berig dat geen feite aan die lig gekom het wat die verontagsaming van verpligtinge as ‘n geregistreerde liefdadigheidsorganisasie ondersteun nie.

“Die meeste van die bewerings hou blykbaar verband met die vraag of historiese uitgawes gepas is in kerkverband. Dit is ‘n gesprek wat redelikerwys in ‘n kerklike konteks moet plaasvind. Ons is bewus daarvan dat die kommer wat geopper is nou deel is van ‘n noukeurige en metodiese ondersoek deur die bevoegde reguleerder, die ACNC,” het Prolegis Laywers gesê. “Op die regte tyd, sodra dinge ver gevorder is met die ACNC, behoort Hillsong in staat te wees om ‘n publieke en gedetailleerde reaksie hierop te gee.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 17/04/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here