Geskryf deur: AP Akademie
Artikelbron: Artikel verskaf

Die Afrikaanse Protestantse Akademie (AP Akademie) kondig met trots aan dat vier van die instelling se fasiliteerders vandeesweek kursusse by die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) se Gr. R & Grondslagfase Simposium aanbied.

Alle onderwysers moet oor ’n siklus van drie jaar 150 punte in Voortgesette Professionele Ontwikkeling (CPD-punte) verdien om hulle registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Onderriggewers (SACE) te behou. Die AP Akademie bied vier maal per jaar toerustingspuntkursusse vir onderwysers aan waarmee hulle hierdie punte kan verdien.

“Dit is vir ons ʼn groot eer dat ons fasiliteerders se kursusse van sulke hoogstaande gehalte geag word, dat die SAOU dit met al hulle lede wil deel,” sê mnr. Albertus Breytenbach, NGOS Koördineerder by die AP Akademie. “Een van ons kernwaardes is inderdaad uitstaande akademiese gehalte, en so ’n geleentheid bevestig dat ons nie enigiets minder as uitstaande vir ons studente aanvaar nie.”

Die kursusse wat vandeesweek aangebied word, is die volgende:

  • 17 April: Uitbranding en Selfsorg deur Marlene Pienaar
  • 18 April: Probleemgedrag in die klaskamer deur Mia Coertze
  • 19 April: Creativity and innovation deur Fred de Villiers
  • 20 April: Gr. R Phasing in and the implications & Neuromotor development and integration deur Adel Breytenbach (en Heidi Julies)

Enige onderwysers wat graag hulle vereiste punte vanjaar wil verdien, kan die webwerf by www.apa.ac.za/toerustingspuntkursusse besoek vir ʼn kort beskrywing van die kursusse wat Die APA aanbied, die uiteensetting van studie en om die volledige Afrikaanse en Engelse brosjures af te laai. 

Registrasies vir rondtes 2, 3 en 4 is nou oop.

Rondte 2: 4 Mei 2023-22 Junie 2023
Rondte 3: 14 Augustus 2023-6 Oktober 2023
Rondte 4: 16 Oktober 2023-8 Desember 2023


Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 18/04/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here