Geskryf deur:
Artikelbron: worldisraelnews.com

Suid-Afrika se minister van justisie, Ronald Lamola, is deur Joodse leiers gekritiseer nadat hy ontken het dat daar anti-Semitisme in die Suid-Afrika voorkom. Lamola het in ’n onderhoud op die BBC se “Hard Talk”-program die Joodse leier, Howard Sackstein, se kommer dat die ANC “deur radikale Islamiste gekaap is” en dat hulle ’n omgewing skep wat anti-Semitisme aanhits, afgelag en eerder voort gegaan om die “Sionistiese staat” aan te val.

Lamola het beweer dat die saak teen Israel op die “Sionistiese staat” gefokus het en nie die Joodse volk nie. Die Internasionale Geregshof se beslissing het egter Suid-Afrika se argument verwerp, en het geen bevel gegee dat Israel die oorlog moet staak nie, slegs dat humanitêre hulp verskaf moet word en dat maatreëls ingestel moet word om enige volksmoord of aanhitsing tot volksmoord verhoed kan word.

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes het ’n aansienlike toename in anti-Semitiese voorvalle ná die Hamas-aanslag aangemeld, insluitend fisieke aanrandings en vandalisme. Die gemeenskap het Lamola gekritiseer omdat hy anti-Semitisme afmaak en het die regering ernstig versoek om die kwessie te hanteer.

Die verklaring het ‘n toename van 631% in anti-Semitiese voorvalle tussen Oktober en Desember uitgelig, vergeleke met dieselfde tydperk in 2022. Gevalle van fisieke aanvalle op Joodse individue of eiendom het skerp toegeneem, met noemenswaardige voorvalle soos aanrandings buite ’n Johannesburgse sinagoge en tydens ’n pro-Hamas saamtrek in Kaapstad.

Onder die gewelddadige voorvalle wat aangemeld is, was twee gevalle van aanranding buite ’n Johannesburgse sinagoge, ’n aanval op ‘n Johannesburgse rabbi, en ’n Joodse gemeenskapslid wat herhaaldelik met ’n paal oor die kop geslaan is by ‘n pro-Hamas-saamtrek in Kaapstad. Vandalisme het skade en ontheiliging van Joodse begraafplase in Pretoria en Durban ingesluit.

Tydens die voorval in Kaapstad is die geteikende individu omring deur dosyne gewelddadige betogers wat “Viva Hamas” en “moordenaars” gebulder het en vir hom gesê het “Hitler het nie almal van julle vermoor nie, net sodat ons presies kon sien hoekom hy dit gedoen het.”

Suid-Afrika se Joodse gemeenskap was nog altyd “trots op die relatief lae vlakke van anti-Semitisme in vergelyking met ander Joodse Diaspora-gemeenskappe,” het die Joodse raad opgemerk. “Ons regering het egter ’n omgewing geskep waar anti-Semitisme kan floreer – met minister Lamola se opmerkings as ’n voorbeeld.”

Lamola se ontkenning van Suid-Afrika se anti-Semitisme-probleem het gevolg op sy bewering verlede week dat die regsaak teen Israel beteken het dat Nelson Mandela “in sy graf sal glimlag”. Lamola se ontkenning het egter Nelson Mandela se gebalanseerde standpunt oor die Israel-Palestina-kwessie weerspreek, waar hy die tweestaatoplossing ondersteun het en die legitimiteit van beide Palestynse en Joodse nasionalisme (Sionisme) erken het.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 06/03/2023
Foto: Suid-Afrika se minister van justisie, Ronald Lamola | www.flickr.com/photos/governmentza

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here