Artikelbron: JUIG! Tydskrif 

In ’n gewigte besluit het ds. Elza Meyer, die stigter van Turn2God Ministries, skrywer en predikant wat bekend is vir haar impakvolle Ester-konferensies, vyf jaar gelede haar tasse gepak en haar bediening en familie in Suid-Afrika agtergelaat om aan haar man se sy te wees in Saoedi-Arabië.

Ds, Elza Meyer het Turn2God Ministries (T2G) in Maart 2011 begin en bedien in alle sfere van die samelewing.

Sy het daar bedien en ’n gemeente van 62 gesinne en 93 lidmate gelei. Nou is sy en haar man egter terug in Suid-Afrika en bied Radio Kaapse Kansel, JUIG! Tydskrif en ds. Meyer se bediening, Turn2God Ministries ’n langverwagte eerste Ester-konferensie in Kaapstad aan.

(Koop gerus die nuutste JUIG! Tydskrif om meer oor haar geloofsreis en tyd in Saoedi-Arabië te lees.)

JUIG! Tydskrif, Radio Kaapse Kansel en Turn2God Ministries wil jou dus graag by die eerste Ester-konferensie in die Kaap verwelkom!

Die gewilde en bekende Ester-konferensie sal op 9 Maart in Kaapstad by Friend of God-venue in Goodwood aangebied word.

Die fokus van die dag sluit in: Dink soos Jesus, Praat soos Jesus, Maak soos Jesus. ’

’n Aankomsverversing en middagete is ingesluit by die koste van die kaartjie.

  • Koop 10 kaartjies en ontvang ’n afslag
  • Afslag vir pensionarisse

Ons sien uit daarna om saam met jou te kuier! (Daar sal ook geleentheid wees vir bediening na afloop van die konferensie.)

Bespreek nou jou kaartjie by www.quicket.co.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 06/03/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here