Artikelbron: harbingersdaily.com
Pastoor Chris Avell van Dad’s Place in Bryan, Ohio, staan tereg op 18 kriminele aanklagte vir die huisvesting van haweloses in sy kerk, met ’n nuwe klag bygevoeg vir elke dag wat die kerk oop bly.
Hy het in Maart 2023 begin om 24/7 skuiling te bied toe die plaaslike hawelose skuiling dikwels honderde mense moes wegwys omdat dit volle kapasiteit bereik het. Ondanks ’n waarskuwing van die owerhede in November weens die oortreding soneringswette, het Avell voortgegaan en gesê dat hy Christus se leringe moet volg.
Die aanklagte is op Oujaarsaand ingedien, met verwysing na kwessies soos die afwesigheid van slaapkamers (die kerk mag nie slaapkamers hê nie, dit is verbode) en die kerk se sonering as sentrale besigheid (wat sekere aktiwiteite soos om klere te was of dat mense op die perseel slaap, beperk). Die Bryan-polisiedepartement het beklemtoon dat ’n redelike tyd gegun is vir die eienaar en die haweloses om ’n ander oplossing te vind.
Dad’s Place volhard om haweloses te help en geniet die steun van gemeenskapslede en die plaaslike hawelose skuiling, wat jaarliks ongeveer 600 mense wegwys. First Liberty Institute, wat Avell verdedig, het die stad gekritiseer vir die prioritisering van aanklagte bo samewerkende oplossings.
Avell, wat die kerk se rol as ’n plek van barmhartigheid beklemtoon het gesê: “Ons is nie hier om kerk te speel nie, ons is hier om die kerk te wees … en om God se liefde te demonstreer.”
Die situasie weerspieël ’n spanning tussen die pastoor se verbintenis tot sy geloofsgedrewe missie en die stad se aandrang op die toepassing van soneringsregulasies, wat vrae laat ontstaan oor die balans tussen burgerlike reëls en liefdadigheidswerk.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 05/02/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.